News

Wyn wat geproduseer word vanaf wingerde wat blootgestel was aan veldbrand rook kan ‘n sogenaamde rookbederf karakter hê. Die aroma word dikwels as rokerig, gebrand en as-agtig beskryf. Op die palet word dit as sigaret, asbak, skerp en metaalagtig beskryf. Daar word geglo dat die rook en die geassosieerde aroma komponente deur blare se beskermende waslagie of deur die stomata geabsorbeer word en daarna d.m.v. die floëem hulle weg vind na die druiwe. Navorsing wat veral in Australië gedoen is die afgelope paar jaar het tot ‘n stel riglyne gelei vir die hantering van druiwe wat met rook bederf is.

Hier volg ‘n aangepasde weergawe van dié riglyne.

“,319

Go Back