Leiers uit verskeie segmente van die wynbedryf-waardeketting kom in April byeen om hul perspektiewe oor volhoubare besigheidspraktyke te deel.
VinPro, die verteenwoordigende organisasie vir wynprodusente en kelders, bied – ontbyt en paneelbespreking, getiteld Visionêre Leierskap in Uitdagende Tye, op 10 April 2014 van 08:30 – 11:30 by die Bien Donné-proefplaas, R45 tussen die Paarl en Franschhoek, aan.
Die gesprek sluit by die tema van Agri Cape Week, Kampioene in Landbou, aan, wat van 9 – 12 April 2014 by die Bien Donné-skouterrein aangebied word.
Die paneelgesprek sluit mentorskap en die oorbrugging van generasies in familiebesighede, leiers se perspektief oor uitdagings, die ontginning van geleenthede in die wynbedryf-waardeketting, asook die pad vorentoe vir die wynbedryf in.
PROGRAM:
08:30 – 09:00 Registrasie
09:00 – 09:10 Verwelkoming: Orton King (Agri Mega)
09:10 – 09:20 Borg Spreekbeurt
09:20 – 10:00 Ontbyt
10:00 – 11:30 Paneelbespreking: Programleier, Christo Conradie (VinPro)
PANEEL:
JANNIE BOSMAN is voorsitter van die uitvoerende komitee van BOSMAN ADAMA BOERDERY, wat die bekende Lelienfontein Kwekery buite Wellington insluit. Die Bosman-familie beoefen reeds sedert 1888 die kuns van stokkies ent en kwaliteit druifverbouing en is vandag – leier op dié gebied. Jannie het onder andere raads- en direkteursposisies by die Wyndruif Plantverbeteringsvereniging, Plant SA en Wamakersvallei Wynkelder beklee, en is in 2008 aangewys as die Wes-Kaapse Boer van die Jaar.
ABRIE BOTHA is die voorsitter van NAMAQUA WYNE in die Olifantsirivier-vallei – ’n vooraanstaande produsentekelder met ’n unieke, verbruikersgedrewe reeks wyne, sowat 160 lede en – jaarlikse produksie van nagenoeg 80 miljoen liter. Abrie dien reeds die afgelope tien jaar as voorsitter van VinPro en Business Venture Investments, en dien op die direksie van Capevin. Hy boer sedert 1983 in die Olifantsriviervallei met wingerd en groente.
JACQUES NAUDÉ is die voorsitter van FIRSTCAPE WINGERDE, – maatskappy gesetel in die Breëriviervallei, met vyf produsentekelder-aandeelhouers en meer as 200 produsente van regoor die wêreld wat druiwe en wyn aan dié handelsmerk voorsien. Jacques boer tans saam met sy seun op die familieplaas Esperance Wingerde met wyn- en tafeldruiwe, asook vee. Hy het op verskeie direksies in die landbou-omgewing gedoen en is buiten FirstCape ook by De Wet Kelder betrokke.
MIKE RATCLIFFE is die besturende direkteur van WARWICK WYNLANDGOED buite Stellenbosch. Warwick is sedert 1964 onder familiebesit, met Mike as die derde generasie wat hierdie hoë gehalte wynonderneming oorsien. Hy is passievol oor die wynbedryf en betrokke by verskeie aspekte van die Suid-Afrikaanse en globale wynbedryf, met senior leiersposisies by ’n aantal bedryfsliggame. Mike is ook tans besturende vennoot by Vilafonté Wingerde.
PAUL CLUVER is die besturende direkteur van PAUL CLUVER WYNE, ’n landgoed in die Elgin-vallei wat erken word vir hoë gehalte, terroir-gedrewe wyne. Die plaas, wat sowat 2 000 ha beslaan, is sedert 1896 in besit van die Cluver-familie, en Paul en sy susters wat tans aan die stuur daarvan staan word gekenmerk aan hul visionêre pioniersgees. Paul dien tans as voorsitter van onder andere Thandi Wyne, die Just Riesling Vereniging en Elgin Wyngilde.
BESPREKINGS:
Besprekings is noodsaaklik; spasie is beperk. Tafelbesprekings welkom.
Bywoning van die sessie is gratis; slegs toegangsgeld by die Skou-hek betaalbaar (R50 pp).
Sperdatum vir besprekings: Maandag, 7 April 2014.
Kontak: Anne-Marie, tel 021 863 1803 of e-pos megaevents@agrimega.co.za.
,91