News

SUID-AFRIKAANSE WYN: OESVERSLAG 2014

Ondanks – uitdagende seisoen gekenmerk deur hoë, en soms ontydige reënval, verwag die Suid-Afrikaanse wynbedryf – gemiddelde grootte wyndruifoes van goeie gehalte, met uitskieter-oeste in veral die kusstreke. D-t volgens VinPro, die verteenwoordigende organisasie vir sowat 3 600 Suid-Afrikaanse wynprodusente en kelders.

Parstyd het een tot twee weke later as normaal begin, vanweë laat winterkoue en – koeler lente. Hoë reënval middel November en in Januarie het daartoe gelei dat produsente heelwat minder besproei het, maar ook strenger siektebeheer moes toepas teen hoër insetkostes om verliese tot die minimum te beperk.

Bogemiddelde oeste van uitstekende gehalte is spesifiek in die kusstreke behaal, terwyl besproeiingsareas nieteenstaande vrotverliese ook goeie produksies verkry het. Daadwerklike pogings van produsente om opbrengste te verhoog en sodoende winsgewendheid te verbeter, word ook reeds gesien aan produksievlakke.

Oranjerivier het egter die grootste rypskade in jare ondervind, wat – wesenlike effek op die oes gehad het.

Die totale oes sal nagenoeg 2.6% laer as die rekordoes in 2013 wees en verbruikers kan uitsien na hoë gehalte wyne van die 2014-oesjaar.

Oesgrootte** – Die 2014-wyndruifoes word op 1 459 636 ton geraam volgens die jongste skatting (30 April) van SA Wynbedryf Inligting en -Stelsels (Sawis). Dit is 2.6% laer as die rekord 2013-oes.

Na verwagting sal die 2014-wynoes – sap en konsentraat vir nie-alkoholiese doeleindes, wyn vir brandewyn en distilleerwyn ingesluit – 1 130.5 miljoen liter beloop, bereken teen ’n gemiddelde verhaling van 774 liter per ton druiwe.

2013/14 Groeiseisoen – – Baie goeie koue, nat winter het watervoorrade tot kapasiteit aangevul en egalige uitbot verseker.

Wingerde het aanvanklik stadig gegroei weens laat kouefronte in Augustus, gevolg deur koel, nat weer aan die begin van die groeiseisoen. Dit het tot hoë siektedruk gelei, en reënval middel November het effektiewe siektebeheer verder belemmer deur spuittoestande te bemoeilik en toegang tot wingerde te beperk. Donsskimmel het gevolglik in dié vroeë stadium reeds tot verliese gelei in sekere areas.

Hierna was die klimaat gunstig vir blom en is goeie korrelset verkry. Na baie reën middel November het geil groeikrag voorgekom, wat ekstra insette geverg het om hoë druifkwaliteit en siektevoorkoming deur goeie lowerbeligting en -deurlugting te verseker.

Wydverspreide reënval aan die begin van Januarie – selfs meer as 150 mm oor vier dae in die Breëriviervallei – het siekte- en vrotdruk verder verhoog, terwyl die kusstreke nie so erg hierdeur geaffekteer is nie.

Ideale droë, gematigde weerstoestande het gedurende rypwording in Januarie en middel Februarie geheers, waarna – warm periode rypwording versnel en in sommige gebiede groot druk op innames geplaas het.

Koeler weer in Maart was veral bevorderlik vir die kleurvorming en geurbehoud in later rooi kultivars. Gereelde reënval einde Maart het rypwording weer vertraag en parstyd nog verder uitgerek tot middel April.

Wynpotensiaal – Produsente, wingerdkundiges en wynmakers sien uit na ’n belowende oes wat gehalte betref. Die matige klimaat tydens parstyd het bygedra tot intense kleur, uitsonderlike geur en goeie struktuur in die rooi kultivars. Witwyne sal na verwagting besonder vrugtig en tropiese wees, met vars eienskappe.

Breedekloof – ’n Ideale jaar met uitsonderlike gehalte en grootte; goeie kleur in die rooiwyne.

Klein Karoo – – Goeie, maar kleiner oes as die rekordoes in 2013, met uitsonderlike Shiraz, Chardonnay en Merlot.

Malmesbury – Hoër produksie van besonderse gehalte weens goeie grondvogtoestande in dié hoofsaaklik droëlandgebied.

Olifantsrivier – – Ietwat kleiner oes weens vrot-uitdagings, maar beide wit- en rooiwyngehalte lyk belowend.

Oranjerivier – Groot rypskade lei tot – heelwat laer opbrengs; Colombar, Chenin Blanc en muskadelwyne toon goeie potensiaal.

Paarl – – Uitsonderlike oesjaar, met heelwat hoër opbrengste – veral in die droëlandgebiede – en wyne wat baie goeie kwaliteit belowe.

Robertson – – Laat en uitdagende oesjaar, met goeie gehalte en gemiddelde produksies.

Stellenbosch – Tesame met een van die natste seisoene in jare, – uitsonderlike oes wat opbrengs en gehalte betref.

Worcester – Ondanks – baie uitdagende seisoen is bogemiddelde opbrengste gerealiseer, met veral besonderse Chenin Blanc-gehalte.

* ’n Landboukundige/wingerdkundige verslag

**Oesgroottes is deurgaans gebaseer op die Sawis-skatting van 30 April 2014.

,87

Go Back