Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het baie om die wêreld se wynverbruikers te bied, maar sal – vars benadering moet hê om geleenthede in – vinnig veranderende markomgewing te ontgin.
Sowat 550 afgevaardigdes uit die wynbedryf-waardeketting is tot aksie geroep by vanjaar se Nedbank VinPro Inligtingsdag in Somerset-Wes, waartydens – uitgelese paneel duidelik en reguit gepraat het oor die realiteite wat die bedryf in 2014 in die gesig sal staar.
Die VSA, Kanada en China word deur die internasionale navorsingsinstansie Rabobank gelys as die top drie aanloklike teikenmarkte vir wyn in terme van groei en prys. Stephen Rannekleiv, uitvoerende direkteur van Voedsel- en Landboubesigheidsnavorsing by Rabobank, het egter benadruk dat Handelsmerk Suid-Afrika hier ’n groot geleentheid het om baie sterk na vore te kom. “Sonder – unieke storie het jy net gefermenteerde druiwesap; bemark jou uniekheid,” het Rannekleiv gesê. Suid-Afrika sal ook persepsies in sekere lande moet afskud dat wyngehalte inkonsekwent is.
Volgens prof Mike Veseth, bekende wynekonoom in die VSA en redakteur van The Wine Economist-blog, is die beste mark vir wyn in jou eie agterplaas. “Dink globaal, maar drink plaaslik,” was sy aansporing. Afrika is – belowende bestemming vir Suid-Afrikaanse wyne, met – verwagte 6% groei in Sub-Sahara Afrika se ekonomie oor die volgende vier jaar.
Die Afrika-kontinent beleef oor die afgelope paar jaar ongekende buitelandse belegging, met – snelgroeiende middelklas wat nuwe markgeleenthede ontsluit. Guy Lundy, markstrateeg by Odgers Berndtson, waarsku egter dat Afrika nie as een bestemming geteiken moet word nie, maar dat produsente – gefokusde benadering tot spesifieke lande moet hê. Nigerië is byvoorbeeld die mees bevolkte land in Afrika, waarvan meer as die helfte binne die volgende 10 jaar oud genoeg sal wees om alkohol te verbruik. Nollywood, soortgelyk aan die VSA se Hollywood, bied groot bemarkingsgeleenthede, en wynbesighede het nog baie huiswerk om te doen as dit by teikengerigte sosiale mediastrategieë kom.
– Toenemende grootmaat wynsegment – plaaslik sowel as globaal – was ook onder die vergrootglas. Veseth beskou grootmaatwyn as aanvullend tot verpakte wyne; nie hul kompetisie nie. “Verseker egter dat jy die volume en handelsmerk van jou grootmaatwyn só bestuur dat dit met goeie gehalte geassosieer word, anders sal beide verpakte en grootmaat wynpryse daaronder lei,” het hy gemaan. Suid-Afrika se grootmaat wynpryse het oor die afgelope paar jaar meer stabiel gebly as byvoorbeeld dié van mededingers Australië, Chili, Frankryk en Spanje.
Die plaaslike wynmark betree nou – opwindende tyd – verkope styg reeds die afgelope drie jaar met nagenoeg 3% per jaar, nadat dit vir die voorafgaande periode relatief stagnant was. Phillip Retief, hoof uitvoerende beampte vir Van Loveren Wyne, meen as dit nie vir die 2014-oes was wat binnekort gepars word nie, sou die Suid-Afrikaanse wynbedryf se voorraadvlakke binne die volgende vyf maande moontlik onder druk gekom het – hoofsaaklik gedryf deur die toename in beide plaaslike wynverbruik en grootmaat wynuitvoere, wat aansluit by waarnemings van ’n internasionale beweging na – balans tussen vraag en aanbod.
Die 2014-wyndruifoes sal na verwagting effens kleiner wees as die vorige rekordoes in 2013, maar steeds van goeie gehalte. Volgens Francois Viljoen, bestuurder van VinPro se wingerdboukundige konsultasiediens, was weerstoestande tot dusver uitsonderlik, maar – later lente lei daartoe dat parsaktiwiteite 7 – 14 dae later sal begin.
Beide Viljoen en Retief het kommer uitgespreek oor – groter persentasie ouerwordende wingerde. Lae winsmarges het oor die afgelope paar jaar gelei tot – afname in aanplantings, en alhoewel produsente daarin geslaag het om produksie op te stoot, meen hulle die situasie is nie volhoubaar nie.
Rico Basson, besturende direkteur van VinPro, het hierby aangesluit deur te sê dat produsente steeds onder finansiële druk verkeer, maar voortdurend bly aanpas by hul veranderende besigheidsomgewing. Volgens die organisasie se nuutste Produksieplan-opname onder sowat 250 wynprodusente, het sowat – derde van die deelnemers in 2013 – minimum netto boerdery-inkomste van R20 000/ha gerealiseer, wat nodig is vir volhoubare produksie. Basson meen die bedryf het – strategiese fokusverskuiwing nodig, en het verwys na die moontlike formulering van – nuwe industrie-gedrewe plan vir die wynbedryf.
Na – “perfekte storm” in 2013 en swak rand, word verwag dat die Suid-Afrikaanse ekonomie – ommeswaai gaan beleef, met – toename in buitelandse belegging en verwagtinge dat die rand in die korttermyn sal stabiliseer. Dít aldus Johann Els, senior ekonoom by Old Mutual. “Inflasie behoort nie van die teiken af te wyk nie, rentekoerse sal stabiel bly, en wêreldwyd is verbruikers reg om weer te begin spandeer,” het hy bygevoeg.
“Nedbank Besigheidsbanksake het ’n wesenlike aandeel in die wynbedryf, en is daarom trots om vir die agste jaar met die Nedbank VinPro Inligtingsdag geassosieer te word,” het die Landbou-afdelingshoof vir dié groep, Daneel Rossouw, tydens die opening van die dag gesê.
Volgens hom bied die landbousektor – insluitend die wynbedryf – groot groeigeleenthede en beoog Nedbank om sy aandeel in hierdie industrieë verder uit te bou. Nedbank is onder andere as borg betrokke by die Kaapse Wynmakersgilde en Nedbank Green Wine Awards, waarvan die wenwyne vir die eerste keer by die geleentheid te proe was. As – “groen” bank bevorder Nedbank ook aktief volhoubare landbou deur sy betrokkenheid met die WWF Volhoubare Landbou Program.
“Nedbank strewe daarna om Afrika se mees geadmireerde bank te wees, en met strategiese alliansies in plek – waarvan Ecobank ons grootste vennoot is – is ons op die regte pad,” het Rossouw bygevoeg.
Kontak Jana Loots by tel 021 276 0429, jana@vinpro.co.za.
,95
