News

Die VinPro Opleidingskursusse fokus in September op besproeiing en siekte- en plaagbeheer.

Die dag-lange opleidingsessies is gebaseer op die VinPro Opleidingspakket, Wingerdpraktyke vir Wingerdwerkers. Elke sessie behels beide teorie en prakties, gevolg deur ’n evaluasie. ’n Bywoningsertifikaat word aan diegene uitgereik wat die kursus voltooi het, en ’n NQF vlak 1 akkreditasie kan op versoek verkry word.

Die kursusse word op die volgende dae in September aangebied:

Besproeiing

2 Robertson

3 Worcester

4 Paarl

9 Stellenbosch

Siekte- en plaagbeheer

9 Robertson

10 Robertson

10 Worcester

11 Constantia

16 Paarl

17 Stellenbosch

18 Franschhoek

23 Vredendal

25 Malmesbury

30 Helderberg

Indien ’n produsent meer as 15 werkers vir ’n spesifieke kursus inskryf, kan die kursus op sy/haar plaas aangebied.

Die kursusse word moontlik gemaak deur die finansiële bydrae van die VinPro Stigting. Registrasie kos R200 per persoon (BTW ingesluit).

Kontak Mullen Jones by 023 626 1833 of training@skillscentre.co.za.

,117

Go Back