Die Winetech Vinpro Inligtingsdae het verlede maand ongeveer 300 mense gelok. As gevolg van die van die regulasies is die inligtingsdae in ʼn webinar-formaat via Zoom aangebied.

Die inligtingsdae het op wingerdtegniese tendense en advies relevant tot die spesifieke wyndruifverbouingstreke gefokus. Tydens die reeks streeksinligtingsdae wat van 5 tot 19 Mei 2020 aangebied is, het produsente, studente, dosente, chemiese verteenwoordigers, kontrakteurs vir grondverskuiwings, die media, bankiers, private konsultante en Vinpro-kollegas die sessies bygewoon.

Die terugvoer was oor die algemeen baie positief. Alhoewel sommige aanbiedings ʼn bietjie lank geduur het, is daar goeie, relevante inligting en sprekers, het een deelnemer gesê. “Die nuwe formaat is gerieflik en boonop het hulle op reistyd gespaar,” was ʼn ander terugvoer van ‘n deelnemer.

Vir Soria Muir, van die Worcester-en-Breedekloofstreek, was die nuwe formaat ʼn onsekere eerste uitdaging. “Ek moet erken dat ek maar baie skepties was in die begin, maar met die goeie opkoms van ons dag was dit op die ou einde glad nie ʼn slegte ondervinding nie,” sê sy.

“Ek sal dit beslis weer op só ʼn manier wil aanbied.”

 

 

 

 

 

Go Back