News

Die 9de Vitis-gholfdag is onlangs by die Worcester Gholfklub gehou en oudergewoonte het sterk wind nie wingerdmanne en -vroue ge­stuit om hul staal by dié jaarlikse instelling op die wynbedryfkalender te wys nie.

Sowat 100 wingerdboukundiges, produsente en verskaffers het aan die American Scramble deelgeneem – 25 spanne van vier spelers.

Tussen ernstige mededinging moes selfs die mees gesoute spelers stop vir ’n drinkdingetjie, peuselhappie en gesels by die vier natgate, en die dag is afgesluit met ’n prysuitdeling en spitbraai. Werner Booyens, Johan Viljoen, Johan Weideman en Ters Griessel was die wenspan.

Die Vitis-gholfdag word deur verskeie verteenwoordigers op win­gerdkundige en plaasvlak aangebied.

,73

Go Back