Wie hanteer medianavrae, wie reik Vinpro-nuus uit en by wie klop jy aan oor interne kommunikasie? Die WynLand Media & Kommunikasiespan vernuwe deurlopend, en het vroeër vanjaar ook skuiwe aan die kommunikasiekant gemaak om meer dinamies en gefokus te werk te gaan.

WANDA: Media & strategie
Buiten haar rol as afdelingsbestuurder en redakteur van WynLand-tydskrif, is Wanda die eerste kontakpunt vir wynbedryfverwante medianavrae en werk sy nou saam met ander afdelings en bedryfsorganisasies om aan media die beste inligting te voorsien. Sy hou ook haar vinger op die bedryf se pols vir strategiese kommunikasiegeleenthede.

JANA: Vinpro-handelsmerk & lede
Jana bestuur Vinpro se handelsmerk op verskeie vlakke, van die webblad en sosiale media tot bemarkingsmateriaal en -veldtogte, nuusvrystellings en nuusbriewe wat aan lede en die breër bedryf gekommunikeer word. Sy skryf ook maandeliks artikels vir WynLand-tydskrif.

CARLIN: Interne kommunikasie
Met ʼn vars aanslag bring Carlin nuwe energie en kreatiwiteit na interne kommunikasie. Van lekker spanbougeleenthede tot ʼn nuwe formaat nuusbrief en meer … watch this space! Buiten hierdie nuwe rol, ondersteun sy ook vir Wanda en Jana met medianavrae en bemarkingsaksies.

So volgende keer as jy kopkrap oor kommunikasie, ʼn idee het of vraag wil vra, kom klop by hierdie terrific comms trio aan!

Go Back