News

Vinpro bied sy gewilde winter-opleidingsessies van Mei tot Augustus vir wingerdspanne aan.

“Die opleiers bied die opleiding prakties in ʼn produsent se wingerd aan, en dis ‘n ideale manier om wingerdspanne se vaardighede voor die snoeiseisoen op te skerp,” sê Hanno van Schalkwyk, Vinpro-wingerdboukundige en koördineerder van die opleiding.

Tydens elkeen van die halfdagsessies word die volgende behandel:

  • Basiese snoeibeginsels (kort-, halflangdraer en Guyot-stelsels)
  • Onderhoud van snoeiskêre
  • Voorkoming van stamsiektes
  • Praktiese evaluasie van die wingerdspan.

“Ons span tel altyd fyner besonderhede tydens die opleidingsessies op, wat hul kennis verbreed. Hulle leer dikwels om dieselfde tegnieke toe te pas as op die plaas, maar dit word ondersteun deur ʼn logiese, wetenskaplike grondslag wat hulle in staat stel om die rede agter sekere aksies beter te verstaan. Deur dieselfde advies uit verskillende oorde te ontvang, maak dit ook vir hulle meer geloofwaardig,” sê Dirkie Morkel van Bellevue Wynlandgoed.

Die koste van die Vinpro-wingerdopleiding beloop R350 (BTW uitgesluit) per leerder en ons vereis ʼn minimum van 8 leerders per sessie.

Bespreek ʼn sessie op jou perseel by Hanno van Schalkwyk, tel 083 455 5192 of e-pos hanno@vinpro.co.za.

 

Go Back