As jy ‘n snoeiskêr kan vashou, kan jy snoei, nie waar nie? Nie heeltemal nie!
Vinpro se Opleidingsafdeling kan jou span se vaardighede opskerp deur beste snoeipraktyke met hulle te deel tydens praktiese opleiding op die plaas. Bespreek ‘n halfdag opleidingsessie op jou plaas vir tussen 8 en 15 mense.
Die opleiding sluit in:
• Basiese snoeibeginsels (kort-, halflang draer- en Guyot-stelsels)
• Onderhoud van snoeiskêre
• Voorkoming van stamsiektes
• Basiese wingerdstokfisiologie.
‘n Vinpro-sertifikaat word uitgereik aan diegene wat ‘n kursus suksesvol voltooi het.
Koste: R450 per persoon (BTW ingesluit)
Bespreek ‘n praktiese opleidingsessie by:
Lesley Paulse
Opleidingskoördineerder
Tel: +27(0)21 276 0453
E-pos: training@vinpro.co.za