News

Met verwysing na Vinpro se dringende interdikaansoek wat voorlopig geskeduleer was vir verhoor in die Kaapse Hooggeregshof op Vrydag, 2 Julie 2021, het die regering se regsadviseurs Vinpro se regspan genader en uitstel versoek gegewe die kort tydslyne.

Dit sal die nasionale regering se respondente in staat stel om hul antwoordende eedsverklarings oor die komende naweek in te dien, gevolg deur Vinpro se repliek as aansoeker.

“Ons het bevestiging van alle betrokke partye ontvang dat die saak as uiters dringend hanteer word, en ons wag nou op die bevestiging van die regter oor die finale datum in volgende week waarop die saak aangehoor gaan word,” sê Vinpro-bestuurshoof Rico Basson.

Vinpro het sy interdikaansoek op Dinsdag, 29 Junie 2021 by die Kaapse Hooggeregshof ingedien nadat ʼn landswye verbod op drankverkope weer op 28 Junie 2021 in werking gestel is.

Uitgereik deur: Vinpro

Media navrae:
Wanda Augustyn
Tel: 021 276 0458
Epos: wanda@wineland.co.za

Go Back