News

Vinpro se dringende tussentydse interdikaansoek om die verbod op wynverkope in die Wes-Kaap op te hef sal ongelukkig nie môre aangehoor word nie.

Die tussentydse interdikaansoek is bevestig vir aanhoor op 7 Julie 2021 nadat Vinpro ʼn dringende interdikaansoek op 29 Junie 2021 aangevra het toe die verbod op die verkope van drankprodukte afgekondig is. Die twee regters tans aan diens om enige dringende aansoeke die week aan te hoor terwyl die hof in reses is, het beide vroeër die week aangedui dat hulle nie die interim interdikaansoek môre kan aanhoor nie omdat hul reeds aangestel is om Vinpro se hoofaansoek op 23 tot 26 Augustus 2021 aan te hoor. Geen ander regters is môre beskikbaar nie.

Vinpro se regspan het onmiddellik die regterpresident op dringende basis genader om te reël dat die tussentydse interdikaansoek voor ‘n nuwe regter aangehoor word op ‘n datum wat nog bevestig moet word.

“Ons is uiters teleurgesteld oor hierdie toedrag van sake en is tans dringend in gesprek met ons regspan oor die pad vorentoe,” sê Rico Basson, Vinpro-bestuurhoof.

Uitgereik deur: Vinpro

Media navrae:
Wanda Augustyn
Tel: 021 276 0458
Epos: wanda@wineland.co.za

 

Go Back