News

Onlangse oorstromings het verwoesting gesaai in sommige van ons wynboustreke, spesifiek vir daardie wingerde wat op of naby rivieroewers geleë is. Oorstromings langs die nie-standhoudende strome wat selde groot volumes water sien, was eiesoortig in vergelyking met soortgelyke gebeure vroeg in die winter. Dit het daartoe gelei dat die wingerde bedek is met sediment en puin, terwyl toegangspaaie en laagwaterbrûe ook die slagoffer van skade geraak het.

In uiterste gevalle soos in die Olifantsrivier-streek is sommige wingerde op die rivieroewers nog heeltemal of gedeeltelik onder water. Hierdie situasie vereis behendigheid en aanpasbaarheid, en produsente word herinner aan die volgende praktiese maatreëls.

  • Fokus op die herstel van belangrike toegangsroetes.
  • Verwyder sediment en puin van wingerde waar moontlik. Om voorsiening te maak vir voldoende lugvloei en sondeurligting.
  • Monitor meer gereeld vir plae en siektes en prioritiseer blokke daarvolgens.
  • Kyk na alternatiewe metodes om gewasbeskermingsmiddels toe te dien, bv. rugsakspuite, hommeltuie, ens. Belangrik, konsulteer jou landbou-chemiese konsultant oor dosisse, wat sal verander weens laer spuitvolumes.
  • Verseker korrekte/tydelike funksie van die besproeiingstelsel.
  • Oorweeg die toepassing van groeistimulante om groei in koel gronde te bevorder.
  • Wees versigtig vir onkruiddodertoediening in versuipte gronde weens lae doeltreffendheid en potensiële opname deur wingerdstokke.
  • Raadpleeg jou plaaslike raadgewers en Vinpro-konsultant vir bygewerkte inligting.

Sien asseblief die kort snit van ons konsultant op die grond in Worcester/Breedekloof – Callie Coetzee – https://youtu.be/dEJnqZXrR88

Vir meer inligting kontak:

Lesley Paulse

lesley@vinpro.co.za

+27 (0)21 276 0432

Go Back