News

SAWID 2014/15

Die 16de SA Wine Industry Directory (SAWID) is onlangs vrygestel en is teen ’n spesiale prys aan VinPro-lede beskikbaar.

Dié bedryfsgids wat onder die WynLand Media-/VinPro-vaandel uitgegee word, beslaan 520 bladsye propvol wyn- en bedryfsinligting, insluitend produksie- en boerderyverwante materiaal. Vind byvoorbeeld besonderhede oor etiese handel, die 881 plaaslike wynbesighede, wyndruifproduksiekostebeheer, voorsieners van dienste en produkte aan die bedryf en veel meer.

Die gids is teen ’n spesiale prys van R170, posgeld ingesluit, (normale prys R220) aan VinPro-lede te koop. Die 2014/15-uitgawe is vanjaar ook as e-boek te koop en die digitale formaat kan direk van die webblad www.wineland.co.za vir ’n rekenaar of slimtoestel teen R100 per subskripsie afgelaai word.

Kontak 021 276 0429 of e-pos in@wineland.co.za vir meer besonderhede.

,113

Go Back