News

Agri SA het sy uitvoerende bestuur versterk deur twee nuwe senior aanstellings. Omri van Zyl is as uitvoerende direkteur aangestel vanaf 1 Julie 2015. Hy was voorheen ‘n senior assosiaat en hoof van Deloitte Afrika se landboubesigheidseenheid.

Christo van der Rheede, tans hoof uitvoerende beampte van die Afrikaanse Handelsinstituut, begin 1 Augustus as adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA. 

Saam met die adjunk uitvoerende direkteur, Johan Pienaar, sal hierdie groep as uitvoerende bestuur van Agri SA dien. Die aanstellings val saam met die uittrede van die huidige uitvoerende direkteur, Hans van der Merwe einde November vanjaar. Agri SA verwelkom ook Thabi Nkosi wat met ingang 1 Mei 2015 as senior ekonoom aangestel is.

Gepubliseer in die Julie 2015 uitgawe van WynLand tydskrif. 

,223

Go Back