Die 16de uitgawe van die SA Wine Industry Directory (Sawid) 2014/15 met 520 bladsye vol wyn- en bedryfsinligting is nou beskikbaar in beide boekvorm en vir die eerste maal ook aanlyn as ’n e-boek!
“Het jy geweet dat 123 624 ha in Suid-Afrika onder wingerd geplant is, dat die wynbedryf 275 606 werksgeleenthede skep en dat Suid-Afrikaners jaarliks 7 liter wyn per capita verbruik? Die SA Wine Industry Directory 2014/15 is ’n naslaanbron oor alle fasette van ons dinamiese bedryf, of jy nou meer wil weet oor ’n spesifieke druifsoort óf hoeveel wynhandelsmerke plaaslik geregistreer is; hierdie gids bied die antwoord,” vertel Wanda Augustyn, WynLand-redakteur wat die gids saamgestel het.
Die nuutste Suid-Afrikaanse wyn- en bedryfstatistiek word in samewerking met Sawis (SA Wynbedryf-Inligting en -Stelsels) aangebied. Die SA Wine Industry Directory bevat ook inligting oor:
• Wynbedryforganisasies met kontakbesonderhede
• Alles wat jy oor etiese handel moet weet
• ’n Volledige lys van wyn- en bedryfskrywers
• Plaaslike, sowel as internasionale wynkompetisies
• Wyndruif-produksiekostebeheer
• Voorsieners van dienste en produkte aan die bedryf
• Wyndruifsoorte en -klone
• Kaarte van die wynverbouingsgebiede.
Die 2014/15-uitgawe is vanjaar ook as e-boek te koop en die digitale formaat kan direk van die WynLand-webblad, www.wineland.co.za, vir jou rekenaar of slimtoestel teen R100 per subskripsie, afgelaai word.
Die SA Wine Industry Directory 2014/15 word deur WynLand Media onder die VinPro-vaandel gepubliseer. Dit is teen R220 per eksemplaar by toonaangewende boekwinkels of met bestelling per pos (posgeld ingesluit) beskikbaar.
Spesiale prys aan VinPro-lede: R170* (*posgeld en BTW ingesluit)
Bestel van Blueweaver by 021 701 4477, marketing@blueweaver.co.za, of kontak WynLand Media by 021 276 0458, in@wineland.co.za.
“,79