News

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf is byna halfpad gepars aan wat na ’n baie belowende 2015 wyndruifoes lyk.

Volgens streekswingerdboukundiges van VinPro – die verteenwoordigende organisasie vir nagenoeg 3 500 wyndruifprodusente en kelders – het die oes vanjaar twee weke vroeër as normaal afgeskop. 

“Hierdie was die vroegste pars in dekades, deels vanweë – warmer Augustus, gevolg deur – warm, droë en uiters winderige somer, wat addisionele besproeiing genoodsaak het. Ideale droë toestande gedurende parstyd verseker egter ook gesonde druiwe sonder siektes of vrot,” vertel Francois Viljoen, bestuurder van VinPro se Konsultasiediens. 

Chenin Blanc, Pinotage en Chardonnay is reeds in die meeste streke ingeneem, met Sauvignon Blanc wat stelselmatig ryp word en Merlot wat in die volgende twee weke gepars gaan word. 

In Stellenbosch is – groot hoeveelheid tonne in – kort tyd ingeneem, wat by sommige kelders druk op kelderspasie geplaas het, maar koeler weer in Februarie gee verligting soos wat kultivars weer stadiger optimale rypheid bereik. Hoewel die Klein Karoo in sekere gebiede selfs meer as twee weke vroeër begin pars het, is slegs 15% van die totale oes reeds in, aangesien dié streek heelwat minder tradisioneel vroeër kultivars verbou.

– Breuk in die kanaal wat water vanaf die Clanwilliam-dam aan die Olifantsrivier-gebied voorsien, het gedurende – week in Januarie watertekorte tot gevolg gehad, maar effektiewe bestuur het sover tot minimale verliese gelei.

Daar word verwag dat vanjaar se oes gemiddeld ligter as die rekord 2014-oes sal wees, en die wingerdboukundiges is opgewonde oor uitnemende kleur en geur in beide wit- en rooiwyne. Alle kultivars wat sover ingeneem is, toon groot belofte in terme van gehalte – spesifiek Sauvignon Blanc en Pinotage. In die Paarl en Malmesbury hou kleiner korrels van veral Cabernet Sauvignon en Chenin Blanc belofte vir goeie gehalte in, en in Stellenbosch word Pinot Noir en Chardonnay uitgesonder. 

NAVRAE: Jana Loots, 021 276 0461, jana@vinpro.co.za.

,155

Go Back