News

– Nuwe verslag toon dat die Suid-Afrikaanse wynbedryf nie net sy bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) bly verhoog nie, maar dat dit ook al meer werkgeleenthede skep. Dit gebeur ondanks – gedempte globale ekonomie en – effense afname in die grootte van die nasionale wingerd.

Die bedryf, steeds een van die land se voorste agri-uitvoerders, het in 2013 1,2% van BBP verteenwoordig. In daardie jaar het dit, wyntoerisme ingesluit, R36,1 miljard tot die ekonomie bygedra deur landbou, vervaardiging, handel en die gasvryheidbedryf terwyl dit direk en indirek werk aan bykans 300 000 mense verskaf het.  

Hierdie inligting is ontleen aan die jongste verslag oor die makro-ekonomiese impak van die land se wynbedryf op die Suid-Afrikaanse ekonomie. Die verslag is die werk van Conningarth Economists wat dit in opdrag van die Suid-Afrikaanse Wynbedryf-Inligting en -Stelsels (SAWIS) onderneem het. Die verslag is vandag, 3 Februarie, beskikbaar gestel.  

Dit is die vierde verslag van hierdie aard wat in opdrag van SAWIS onderneem word. Die verslag, wat elke vyf jaar verskyn, dek die tydperk 2008 tot 2013.  

Daaruit blyk dat die bedryf in 2008 R26,2 miljard tot BBP bygedra het. 2013-syfer van R36,1 miljard verteenwoordig dus – toename van 37,8% ondanks die beperking op plaaslike besteebare inkomste weens die globale afswaai, asook in baie van die ander markte waarin Suid-Afrikaanse wyn verkoop word. Terselfdertyd het die totale plaaslike area onder wingerd in die vyf jaar sedert 2008 met 1,6% tot 99 680 ha gekrimp.

Yvette van der Merwe, uitvoerende bestuurder van SAWIS, het namens die bedryf gesê Suid-Afrika was volumegewys op sewe na die wêreld se grootste wynprodusent. Desondanks ontvang dit in vergelyking met sy mededingers in Europa en Australië, baie min steun van die regering vir sy produksie- en bemarkingsinisiatiewe. 

Volgens die verslag het daar in 2013 – totaal van 289 151 werkgeleenthede in die bedryf bestaan. Hiervan was 167 494 of 57,9% in die Wes-Kaap. Die totaal verteenwoordig – toename van 4,9% in vergelyking met die 2008-syfer van 275 606. 

Die persentasie ongeskoolde arbeid in diens het gedaal van 58% tot 56% danksy verbeterde werksopleiding en verhoogde meganisasie hoewel die getal werkgeleenthede op sowat 160 740 feitlik onveranderd gebly het. In 2013 het halfgeskoolde werkgeleenthede 29% van die totaal gevorm – – toename van 6 400 werkgeleenthede teenoor 2008. Geskoolde arbeid het 15% van die totaal gevorm, met 7 000 nuwe poste wat in die vyf jaar geskep is. 

Volgens die berekeninge van die navorsingspan het die totale waardeketting van die bedryf in 2013 omset van R26,4 miljard gegenereer – – toename van 37,5% teenoor 2008. Direkte uitvoere het R8,5 miljard beloop danksy – dramatiese groei in uitvoervolumes wat in 2013 57,4% van totale wynproduksie verteenwoordig het, met verkope wat in randwaarde verdubbel het. Die waarde van plaaslike verkope het in  hierdie tyd met 38,4% gestyg. 

Die navorsingspan wys daarop dat die omset wat in 2013 behaal is, meer as vyf keer meer is as die R4,8 miljard insette in rou materiaal wat – hoër as gemiddelde BBP tot kapitaalverhouding tot gevolg het. Hoewel dit nie – aanduiding van winsgewendheid is nie, wys die BBP tot kapitaalverhouding van 0,58 vergeleke met die nasionale gemiddelde van 0,45  wel op die produktiwiteit in die wynbedryf, aldus die navorsers. Die bedryf se arbeid tot kapitaalverhouding van 4,64 oorskry ook die landbougemiddelde van 4,54 asook dié van die nasionale ekonomie van 2,94. 

Wyntoerisme het in 2013 omset van R6,0 miljard voortgebring. Benewens die ekonomiese aktiwiteit wat deur plaaslike toeriste gegenereer is, het 43% van alle buitelandse besoekers aan die Wes-Kaap die Kaapse Wynland besoek waar hulle wyn gedrink, in restaurante geëet, inkopies gedoen en in hotelle en gastehuise tuisgegaan het.

Byna R20 miljard of 53% van die totaal van R36,1 miljard wat die totale bedryf tot die BBP bygedra het, het uit die Wes-Kaap gekom. Die bedryf het in 2013 sowat R24 miljard aan private besteebare huishoudelike inkomste gegenereer. Die impak hiervan is hoofsaaklik in die Wes-Kaap gevoel.

Ondanks – dinamiese uitvoermark en – beskeie toename in plaaslike wynverbruik, bring die verslag die toenemende druk op die winsgewendheid van die wynbedryf in fokus en wys dit daarop dat die tempo waarteen wynproduksiekoste styg, beduidend vinniger is as die toename in inkomste verkry uit druiweproduksie.  Terwyl inkomste verkry uit druiweproduksie sedert 2008 met 38% gestyg het, het wynproduksiekoste met 52% toegeneem. Die per liter-koste van verpakte wyne het van 2008 tot 2013 met 146% toegeneem en dié van grootmaatwyn met 46% gedurende dieselfde periode.

Hierdie bevindinge bevestig – onlangse studie deur VinPro, die diensorganisasie van Suid-Afrika se 3 600 wynprodusente- en kelderlede, wat bevind het dat sowat – derde van wynprodusente teen – verlies werk. 

Terwyl jaarlikse per capita-wynverbruik die laaste klompie jare net onder 7 liter gebly het, het die totale vraag teen sowat 4% per jaar toegeneem soos nuwe verbruikers die mark betree het. Die getal privaatwynkelders het ook toegeneem en daar was byna 500 in 2013. 

Van der Merwe het daarop gewys dat die plaaslike toename in wynverkope help vergoed vir die deurlopende daling in die brandewynmark wat sedert 2008 met 28% gekrimp het. Sowat vyf liter wyn word vir die produksie van een liter brandewyn gebruik. 

In teenstelling hiermee het wynuitvoere in 2013 met 525,6 miljoen liter die hoogte ingeskiet. Die rekord-uitvoere in daardie jaar was deels die gevolg van kleiner oeste in Europa en Noord-Amerika. Met die herstel van oorsese oeste het uitvoere in 2014 weer teruggesak tot 423 miljoen liter. 

Hoewel grootmaat-uitvoere in 2013 verantwoordelik was vir 66% van alle wyn wat buite Suid-Afrika verkoop is, is daardie syfer besig om, om te swaai, en soos die verkope van verpakte wyn bly verbeter, sien ons – toename in die bydrae van die wynbedryf tot die staatskas. Van 2016 kan ons ook uitsien na die nuwe handelsooreenkoms met die EU ingevolge waarvan die belastingvrye kwota vir Suid-Afrikaanse wyne van die huidige 50 miljoen liter tot 110 miljoen liter per jaar styg.”

Van der Merwe het gesê die nuwe EU-handelsooreenkoms was die gevolg van noue samewerking tussen die bedryf en die regering. “Ons hoop dat as ons die huidige momentum kan volhou, ons kan uitsien na vryehandelsooreenkomste in ander sleutelmarkte, veral in Asië, waar van ons mededingers, soos Chili, Australië en Nieu-Seeland, ons beduidend voor is.”

Die volledige verslag is beskikbaar op www.sawis.co.za.

“,153

Go Back