Die Suid-Afrikaanse wynbedryf bly daartoe verbind om die goeie vordering wat tot dusver gemaak is om sosio-ekonomiese uitdagings in landelike gebiede aan te spreek, te versnel, deur – holistiese benadering, vennootskappe en samewerking met die regering.
Dít volgens Rico Basson, besturende direkteur van VinPro – die verteenwoordigende organisasie vir nagenoeg 3 500 Suid-Afrikaanse wynprodusente en kelders – tydens – gesprek oor Fetale Alkoholsindroom (FAS) in Wellington gister.
Die Wes-Kaapse Premier, Helen Zille, het die byeenkoms versoek, waartydens verteenwoordigers van Bolandse plaasgemeenskappe, plaaslike regering, nie-regeringsorganisasies en vrugte- en wynindustrieë die omvang en onderliggende oorsake van FAS, asook projekte wat hierdie kwessies aanspreek, bespreek het. Dit volg op – ondersoek deur die Premier na aanleiding van (ongegronde) aantygings in – Cape Times-berig vroeër vanjaar dat die dopstelsel – – praktyk waardeur werknemers gedeeltelik of ten volle deur middel van alkohol vergoed word – steeds in die gebied toegepas word.
“Die dopstelsel is onwettig. Volgens ons kennis bestaan dit nie, en indien dit sou voorkom, moet dit via die regte kanale rapporteer word,” het Basson gesê. Hy het opportunistiese verslaggewing ten sterkste veroordeel, aangesien dit onomkeerbare skade aan Wynhandelsmerk SA, werkskepping en groei van die bedryf kan aanrig.
Basson het gesê die wynbedryf stem met die regering saam dat alkoholmisbruik in Suid-Afrika onaanvaarbaar hoog is – spesifiek oormatige drankverbruik onder die jeug. Onwettige handel is ook – groot probleem; daar is meer as 150 000 ongelisensieerde afsetpunte vir drank in die land en een uit elke vyf liter alkohol wat verkoop word, bestaan uit tuisgemaakte mengsels.
“Hierdie is egter nie slegs – landbou-uitdaging nie – dit is – landelike een. Dit is daarom belangrik dat alle partye saamwerk om gefokusde intervensies vir alkoholmisbruik daar te stel,” het hy gesê.
Volgens Basson is alkoholmisbruik nie – geïsoleerde probleem nie; – holistiese benadering is nodig om alle onderliggende probleme aan te spreek. Hy het dit geïllustreer aan die hand van vier projekte in die wynbedryf.
Die Industry Association for Responsible Alcohol Use (ARA), bied sosio-ekonomiese opheffingsprogramme in die Perdeberg- en Robertson-distrikte aan. Dit is in 2012 gevestig, met FAS as primêre fokus, maar het spoedig na aspekte soos crèche-opleiding, veiligheid en gesondheid, noodhulp en finansiële beplanning uitgebrei. Die projekte behels – projekbestuurder en twee maatskaplike werkers, met uitgekontrakteerde opleidingspesialiste. Altesaam 51 produsente en 1 240 plaaswerkers word in die twee distrikte deur die projek geraak.
“Die sukses van hierdie projek lê in die inkoop van beide produsente en plaaswerkers, buigsaamheid volgens en eienaarskap deur die streek self, en veral vennootskappe met die regering, maatskappye en verskeie diensverskaffers,” het Basson gesê. Die VinPro Stigting sal vanaf 1 Julie 2015 met ARA – vennootskap sluit waardeur die projek na twee addisionele streke uitgebrei word. Die visie oor die lang termyn is egter om in die volgende vyf jaar 18 maatskaplike werkers in die nege streke te hê.
Deur akkreditasie van die Agricultural Ethical Trade Initiative (Wieta) te bekom, verseker wynprodusente dat hulle aan plaaslike en wêreldstandaarde rondom etiese arbeidspraktyke voldoen. Wieta het tans 1 276 lede, met nagenoeg 17 000 plaaswerkers wat onder die Wieta-akkreditasie werksaam is. Die inisiatief word deur die bedryf en die Wes-Kaapse Departement van Landbou gesubsidieer, en werk nou saam met ander etiese handelskodes soos Siza in die vrugtebedryf.
VinPro fokus sterk op die opleiding van wingerdwerkers, insluitend – praktiese, gebruikersvriendelike DVD opleidingspakket wat alle aspekte van die wyndruifseisoen insluit, asook – verwante reeks opleidingskursusse op plase in die onderskeie streke. “Befondsing van VinPro, privaat- en korporatiewe donateurs, asook regeringsdepartemente stel ons in staat om nagenoeg 2 500 wingerdwerkers per jaar op te lei,” sê Basson.
Die Agri het Talent-projek word gesamentlik deur HORTGRO en die VinPro Stigting – verteenwoordigende organisasies vir onderskeidelik die vrugte- en wynindustrieë – aangebied, en sluit – sangkompetisie en lewensvaardighede-werkswinkel in. Die wenner van Agri het Talent 2015 word 31 Julie 2015 aangekondig. “Agri het Talent is – wonderlike platform om die uitsonderlike sangtalent onder ons plaas-, pakhuis- en kelderwerkers ten toon te stel, en hulle te bemagtig met kennis en vaardighede waarmee hulle – verskil in hul gemeenskappe kan maak,” vertel Basson.
“Dit is nou die tyd vir alle rolspelers om saam te werk en – beter toekoms vir almal in die wynbedryf-waardeketting te verseker – spesifiek die arbeidsmag, die hoeksteen van ons bedryf,” het Basson beklemtoon.
Premier Zille het die vrugte- en wynbedrywe bedank vir die inisiatiewe waarmee hulle – verskil in die lewens van hul landbouwerkers maak, en het – beroep op die werkers gedoen om trots te wees op hul gemeenskappe, verantwoordelikheid vir hul toekoms te neem en op te staan teen sosiale ongerymdhede.
NAVRAE: Jana Loots by tel 021 276 0429, jana@vinpro.co.za.
,197