News

Die top drie finaliste vir die 2014 SA Kelderwerker van die Jaar-toekenning, wat gesamentlik finansieel ondersteun word deur VinPro en Winetech, is onlangs aangekondig. Die finaliste, al drie van Robertson, is Petrus Prins van Robertson Koöp, Marius Stevens van Graham Beck Wines en Gerrie Grootboom van Roodezandt Wines.

Nagenoeg 200 kelderwerkers het van April tot September ’n reeks Winetech-studiegroepe in die onderskeie distrikte bygewoon – opleiding wat beide teorie en praktiese proeë behels het. Die wenner sal by die jaarlikse Kelderwerker Inligtingsdag aangekondig word en hierdie prestige funksie word vanjaar vir die eerste keer deur Nedbank en Old Mutual geborg. Die funksie vind plaas by Goudini Spa, Rawsonville, en alle kelderwerkers wat aan die studiegroepe deelgeneem het, word genooi om dit by te woon.

Vanjaar is die wynlande van die wêreld, die wettige wynbereidingsmiddele en wynbereidingsprosesse behandel. Die kelderwerkers is blootgestel aan die identifikasie van individuele geurkomponente van wyn en foutwyne in die praktiese afdeling van die sessies. Na afloop van elke sessie is die kelderwerkers geëvalueer en inligting oor die vordering van elkeen is na die kelders deurgestuur.

Die SA Kelderwerker-program en die Winetech-studiegroepe maak vir die afgelope paar jaar op ’n innoverende manier – beduidende bydrae tot die oordrag van tegnologie aan kelderwerkers. Daar word erkenning gegee vir bydraes gelewer deur permanente kelderwerkers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf en terselfdertyd word rolmodelle vir kelderwerkers gevestig.

Christo Conradie, bestuurder van VinPro se Wynkelder-divisie, is van mening dat daar – ernstige behoefte aan opleiding is wat die praktiese kennis van wynbereiding en die algemene kennis van kelderwerkers ontwikkel om waarde toe te voeg tot die ontwikkeling van kelderwerkers se loopbane. Die SA Kelderwerker-program is – waardevolle bron van inligting vir die wynbedryf om rigting aan te dui in terme van die ontwikkeling van menslike kapitaal.

,141

Go Back