News

VinPro se reeks snoeikursusse het vanjaar ’n rekordgetal deelnemers opgelewer. Altesaam 717 wingerdwerkers is van Mei tot Augustus in die onderskeie streke opgelei, teenoor nagenoeg 500 verlede jaar.

“Die snoeikursus is vir die derde agtereenvolgende jaar aangebied, en die vraag het so toegeneem dat VinPro vanjaar sy opleiding uitgebrei het na tien belangrike aspekte van wingerdwerker-opleiding, van grondvoorbereiding tot siekte- en plaagbeheer, lowerbestuur en die oes van wyndruiwe,” vertel Johan Giliomee, VinPro se bestuurder van transformasie en ontwikkeling.

Die tien kursusse is geskoei op die leermateriaal van die doen-dit-self VinPro DVD Opleidingspakket, Wingerdpraktyke vir Wingerdwerkers, en strek van Mei tot November vanjaar. Die pakket is teen R1 300 (BTW ingesluit) te koop, en R950 (BTW ingesluit) aan VinPro-lede. Kontak Johan Giliomee by 021 276 0429 of e-pos johang@vinpro.co.za.

,131

Go Back