Produsentedag 2024
9 Februarie 2024
Deur na terugvoer van ons produsente te luister, het Vinpro vanjaar ons eerste Vinpro Nedbank Produsentedag aangebied. Die geleentheid was in twee afsonderlike sessies verdeel, wat die eerste dag by Allée Bleue in Franschhoek aangebied was, en die volgende dag by Leipzig in Worcester. Die nuwe formaat is ’n weerspieëling van ons kliëntgesentreerde waardes met die doel om ‘n meer tegnies-georiënteerde Vinpro aan die lig gebring.
“Een van die grootste verskuiwings met die stigting van South Africa Wine is dat Vinpro kan fokus op sy grondliggende sterkpunte, spesifiek sy tegniese en konsultasiedienste, waar ons landbou-ekonome ook ’n integrale rol sal speel,” sê Conrad, bestuurshoof van Vinpro.
Vinpro-voorsitter Anton Smuts was eerlik oor die uitdagings wat die wynbedryf tans in die gesig staar, maar het die produsente aangemoedig om op positiewe uitkomste en geleenthede te fokus.
“Die bedryf se toekoms is in ons eie hande, en as ons nie self iets doen en mekaar ondersteun nie, sal niemand anders nie,” het hy gesê.
Daneel Rossouw, hoof van verkope vir landbou by Nedbank Kommersiële Bankwese, beklemtoon ‘n kommerwekkende afwaartse neiging in produksie en winsgewendheid. Nedbank belowe dat hulle voortgesette ondersteuning vir die bedryf en hul gemeenskappe sal gee om hierdie uitdagings aan te spreek deur strategiese vennootskappe en pasgemaakte finansieringsoplossings.
Die Vinpro Nedbank Produsentedag het ook die geleentheid gebruik om vir Christi van den Heever, die Agri Wes-Kaap–Santam Jongboer van die Jaar vir 2023, as gasspreker sy kennis te deel. Alhoewel hy hoofsaaklik ’n vrugteprodusent is produseer hy ook wyndruiwe – spesifiek ’n hoë hoogte-bo-seespieël Shiraz.
Christi deel sy planne vir die toekoms en verduidelik dat hy ‘n hidro-elektriese oplossing vir energiesekerheid gaan implementeer om die koste van beurtkrag te verminder. “Ons bou ’n dam van miljoen kubieke meter wat ons batterystelsel sal word. Sonpompe sal gedurende die dag water na die dam pomp, en die druk sal elektrisiteit aan die plaas en gemeenskap verskaf tydens beurtkrag.” Na Christi se reise in Europa, het hy vlieërs, gevorm soos ‘n valk, ingevoer wat saam met die wind beweeg om voëls af te skrik.
Christi se fokuspunt was die belangrikheid van mense wat die grootste bate vir sukses in die landbou.
“Dit is belangrik om die waarde in mense raak te sien en om hulle gemotiveerd te hou. Ek daag elke produsent en grondeienaar uit om ‘n hand uit te reik na studente in landbou en geleenthede te skep vir hulle om ervaring op te doen. Hoe meer ek jongmense aan landbou kan blootstel, hoe meer bou ek ’n grondslag vir die leiers van môre.”
Conrad se aanbieding is gefokus op die ‘nuwe’ tegniese Vinpro. “Ons visie vir saamgroei bly dieselfde, maar ons doel is om tegniese kennis in tasbare oplossings oor elke aspek van produksie om te skakel sodat ons kliënte en ons lede konsekwent beter kwaliteit produkte van die wingerdstok kan produseer vir winsgewende opbrengste om te verseker dat hulle kan floreer.”
Vinpro se span wingerdboukundige konsultante, onder leiding van Dr. Etienne Terblanche, bestaan uit die enjinkamer vir die verskaffing van streeksontledings en kundigheid. Hy het ʼn vinnige opsomming met die produsente gedeel oor die groeiseisoen en 2024-oesskatting. Vinpro het ‘n lang pad gestap van ‘n voorligtingsdiensverskaffer onder KWV tot sy nuwe rol met tegniese fokus areas.
“Ons het in 1979 begin om tegniese konsultasiedienste te verskaf, en vandag beloop hierdie dienste ongeveer 700 uur per jaar – waarvan 400 aan nuwe toetreders in die mark gaan,” sê Conrad. “Ons het oor die afgelope sewe jaar meer as 5 000 plaaswerkers opgelei, terwyl ons landbou-ekonome data van sowat 270 produsente verwerk om ’n uitstekende maatstaf te gee van wat in die verskillende wyndruifstreke aangaan.”
In sy hoedanigheid as ‘n tegniese diensverskaffer sal Vinpro sy mandaat voortsit om wingerdboere en wynprodusente te bemagtig om nuwe hoogtes te bereik.
Vinpro se geaffilieerde Vititec sal altyd belangrik wees in terme van plantverbetering en kommersiële entfasiliteite, wat die basis van produksie is. WineMS verskaf plaas-, grootmaat- en produksiebestuur asook naspeurbaarheid, terwyl GEN-Z Vineyards of the Future sorg vir langtermynwaarde.
“Dit is ‘n volledige pakket wat ons sal voortgaan om in samewerking met ons lede aan te pas,” verduidelik André Van Wyk, bestuurshoof van Vititec.
Die Vinpro Nedbank Produsentedag is afgesluit met ʼn netwerksessie om die produsente ʼn kans te gee om die nuwe Vinpro te leer ken en verstaan wat ons nuwe fokusareas is.