News

Die presisie waarmee Abé Colyn van die plaas Naauwkoes in die Spruitdrift-gebied – blok Chenin Blanc verbou het, het hom as die wenner van die VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie in die Olifantsrivier-streek laat uitstaan.

Die tema van vanjaar se kompetisie in die streek was Chenin Blanc-wingerde. “Chenin Blanc word as een van die hoekstene van die streek beskou, aangesien dit een van die kultivars is wat die meeste tot die totale wyndruiftonne bydrae,” vertel Gert Engelbrecht, VinPro-wingerdboukundige vir die Olifantsrivier-streek.

Die naaswenners was Johan Louw van Burgersvlakte in die Spruitdrift-area en Johan Fourie van die plaas Navada in Koekenaap.

“Wat van Naauwkoes se wenblok uitgestaan het, is die feit dat verskeie aspekte soos die groeikrag, grond en grondwater fyn gemoniteer is, en die wingerd se bemestingsprogram en besproeiingskedulering daarvolgens aangepas is. – Uitstekende voorbeeld van presisieboerdery,” vertel Gert.

Goeie langtermynpraktyke ten opsigte van die prieelstelsel, besproeiingstelsel en vestiging het ook tot – uniforme blok aanleiding gegee, en loofbestuur is uitstekend toegepas.

Die VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om beste wyndruifverbouingspraktyke te identifiseer, vier, en met die bedryf te deel. – Boeredag word binnekort aangebied waartydens die praktyke van die wenblok gedemonstreer word.

NAVRAE: Lee-Anne Davidson, tel 021 276 0460, e-pos leeanne@vinpro.co.za.

,355

Go Back