News

Aanpasbaarheid tot die binnelandse en Afrika-markte, om wyn toerisme na die volgende vlak te neem en ‘n nuwe strategiese raamwerk vir die wynbedryf. Hierdie is ‘n paar van die belangrikste aspekte wat verband hou met wynbesighede wat by die tiende jaarlikse Nedbank VinPro Inligtingsdag bespreek gaan word.

Die geleentheid sal plaasvind op 22 Januarie 2015, in ‘n nuwe tydgleuf van 09:30 tot 14:00. In reaksie op die vorige kapasiteitsbepalings, is die Inligtingsdag ook verskuif na die hoof ouditorium by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS).

Die program sluit in:

  • Ekonomiese vooruitsigte (Nicky Weimar, Nedbank)
  • Internasionale wyntendense (Jancis Robinson, bekroonde internasionale wyn-skrywer)
  • Binnelandse en Afrika-markte (Moet bevestig word)
  • Seisoensoorsig en oesverwagtinge (Francois Viljoen, VinPro)
  • Landbou verander die ekonomiese speelveld (Minister Alan Winde – Wes-Kaapse Departement van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme)
  • Neem wyntoerisme na die volgende vlak (Alayne Reesberg, Design Capital Cape Town)
  • Wynbedryf Strategiese Oefening (Rico Basson, VinPro).

Laai af Agenda

Laai af Registrasievorm

Registrasie is verpligtend, en eindig 22 Desember 2014.

VinPro-lede: R450 per persoon

Nie-lede: R600 per persoon.

Kontak Patricia Jordaan by tel 021 276 0429 of jordaanp@vinpro.co.za.

“,52

Go Back