News

Charl du Plessis is die nuwe Vinpro-direkteur vir die Noordkaapstreek.

Charl du Plessis, bestuurshoof van Oranjerivier Kelders, is as die nuwe Vinpro-direkteur vir die Noordkaapstreek aangewys.

Charl is reeds sedert die begin van 2018 aan die stuur van Oranjerivier Kelders, die tweede grootste koöperatiewe wynkelder in die suidelike halfrond, met sowat 600 produsentelede en ʼn produksie van nagenoeg 60 miljoen liter wyn en druiwesapkonsentraat per jaar. Hy het ook omvattende ondervinding in die volstruis en vrugte-uitvoer en -verpakkingsbedrywe.

Hy is as Vinpro-direkteur aangewys na die bedanking van Albert Brink, wat die streek sedert 2009 verteenwoordig het.

“Ons is dankbaar vir Albert se bydrae oor die afgelope 12 jaar, en is opgewonde daaroor dat Charl nou sy kundigheid tot die Vinpro-direksie gaan toevoeg sodat ons sáám die organisasie en Suid-Afrikaanse wynbedryf vorentoe kan neem,” sê Vinpro-voorsitter Anton Smuts.

MEER OOR VINPRO:
Vinpro verteenwoordig nagenoeg 2 600 Suid-Afrikaanse wyndruifprodusente, kelders en wynverwante ondernemings, bied strategiese leiding, lewer gespesialiseerde dienste en ondersteun die ontwikkeling van mense.

MEDIANAVRAE:
Wanda Augustyn
Tel: 021 276 0458
E-pos: wanda@wineland.co.za

 

Go Back