Nuwe Streekswingerboukundige vir Vinpro
Vinpro is opgewonde om die aanstelling van Gert Engelbrecht as die nuwe Streekswingerdboukundige vir die Stellenbosch- en Kaapse Suidkus-streke aan te kondig. Gert is sedert 2013 deel van die Vinpro-familie waar hy as konsultant vir die Olifantsrivier-streek dien en sal vanaf 1 Januarie 2024 sy nuwe rol inneem.
Gert het sy BSc. Agric met Wingerd- en Wynkunde as hoofvakke aan die Universiteit Stellenbosch in 2005 verwerf, waarna hy in 2006 ‘n honneursgraad met spesialisering in wingerdkunde (BSc. Agric Hons) van dieselfde instelling bygevoeg het.
Gewapen met sy akademiese kennis, en ondersteun deur wynplaas- grootword, het Gert vanaf 2007 tot 2009 as wingerdboukundige by Klawer Winery begin, waarna hy as wingerdboukundige by UniWines in Rawsonville gedien het voordat hy in 2013 by Vinpro aangesluit het. As Vinpro-wingerdboukundige het Gert ‘n belangrike rol gespeel in die dryf van sleutel-streekprojekte wat wissel van klimaatmonitering deur ‘n komplekse sensor netwerk, die beoordeling van nuwe en belowende kultivars, tot die loods van die vrugtevliegbestuurprogram en presisiebesproeiingskedulering vir wyngehalte. Hy is ook nie ʼn vreemdeling vir die kollig nie en is ʼn gereelde bydraer op plaaslike forums en radio, benewens ‘n ywerige musikant en klanktegnikus.
“Ons is baie opgewonde om Gert in die Kusstreek te verwelkom. Hy bied ‘n sterk tegniese vermoë met uitstekende interpersoonlike vaardighede en ʼn rykdom ondervinding,” sê Etienne Terblanche, Konsultasiedienstebestuurder.