News

Mastercard en Vinpro het hul vennootskap uitgebrei om plaaslike en internasionale toerisme na drie groot Suid-Afrikaanse wyntoerismebestemmings te bevorder deur twee gefokusde veldtogte.

Die Start Something Priceless-veldtog, wat van November 2021 tot Februarie 2022 in samewerking met die Suid-Afrikaanse toerismebedryf uitgerol is, sal regdeur die jaar voortgaan om Mastercard-kaarthouers van eksklusiewe ervarings in die wynlande te voorsien. Besoekers kan eiesoortige wynproeë, uitsonderlike etes by uitgesoekte restaurante, wingerdritte, wêreldklasverblyf en meer by wynplase in Constantia, Franschhoek en Stellenbosch beleef. Sien die nuutste Priceless Offers hier.

Vanaf Oktober 2022 sal Mastercard-kaarthouers weer tot en met R100 afslag op die waarde van hul wynproe (per betalende kaarthouer) ontvang wanneer hulle wyn ter waarde van R500 of meer by deelnemende proelokale koop.

’n Splinternuwe Taste the Good Life-veldtog met die bekende Suid-Afrikaanse musikant, sjef en vermaaklikheidster J’Something bring die wynlande na plaaslike en internasionale besoekers deur ’n reeks video’s en ander digitale media. Kyk na een van die video’s hier.

“Suid-Afrika se wyntoerismesektor is geleidelik besig om te herstel van die algehele verlies van die internasionale toerismemark tydens Covid-19,” sê Vinpro-wyntoerismebestuurder, Marisah Nieuwoudt. “Ons is dankbaar vir hierdie vennootskap met Mastercard om die herlewing van die wyn- en wyntoerismesektor ’n hupstoot te gee, maar nog belangriker om die finansiële herstel en groei van klein- en mikrowynbesighede te ondersteun wat sterk op wyntoerisme aangewese is vir hul voortbestaan.”

Vir meer inligting, besoek www.Priceless.com, Mastercard se leefstyl-ervaringsentrum wat ontwerp is om spesiale oomblikke saam met familie en vriende te inspireer en skep – tuis, aanlyn en oral tussendeur.

MEDIANAVRAE:
Wanda Augustyn
Vinpro Kommunikasiebestuurder
Tel: 021 276 0458
E-mail: wanda@wineland.co.za

 

Go Back