News

Wyndruifprodusente en wingerdboukundiges moet hulself daarvan vergewis dat die Europese Unie (EU) eersdaags nie meer die gebruik van swamdoders wat Mancozeb bevat sal toelaat nie, en dat wyne waarskynlik vanaf die 2021-oes vir maksimum residuvlakke (MRL’e) getoets sal word.

Die Wêreldhandelsorganisasie het onlangs ʼn kennisgewing uitgereik wat hierdie nuwe verwikkeling uiteensit:

The European Union has decided to not renew the approval of the active substance Mancozeb. The expiration of Mancozeb in the EU is indicated as 31/01/2021 where after plant protection products containing Mancozeb will be withdrawn and such products can then no longer be placed on the EU market.

The EU has also indicated that it will likely revise the MRL’s for Mancozeb during the 3rd quarter of 2020 or after the non-renewal of this active substance. Presently no notice has been published regarding the lowering of MRL’s for Mancozeb. There is, however, no doubt that the MRL for Mancozeb in wine marketed in the EU will soon be set at zero.

Lees die volledige kennisgewing.

Dit is Vinpro se interpretasie dat die gebruik van Mancozeb in die volgende twee weke op die EU se agenda sal wees, waarna die toelaatbare MRL’e oor die volgende paar maande uiteengesit sal word. Daar is nog egter onsekerheid oor die spesifieke tydslyne.

Vinpro lewer, in samewerking met die Direktoraat Voedselveiligheid en -Gehalteversekering van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, namens die Suid-Afrikaanse wynbedryf insette oor hierdie aangeleentheid by die relevante EU besluitnemers.

Op hierdie stadium adviseer Vinpro se netwerk van chemiese kundiges dat wyndruifprodusente slegs produkte wat Mancozeb bevat op hul wingerde gebruik tot en met blom vir die 2021-oes. Alternatiewe opsies is tydens die onlangse Winetech Vinpro Streekswebinare gedeel.

Laai die aanbieding af.

Vinpro raai ook produsente aan om met wynaankopers te skakel oor hul spesifieke behoeftes om aan die regulasies in teikenmarkte te voldoen, wat hul besluitneming in terme van die gebruik van Mancozeb sal bepaal.

Verdere verwikkelinge in hierdie verband sal deurlopend gedeel word. Kontak gerus ook die Vinpro-streekswingerdboukundiges met spesifieke navrae by die kontakbesonderhede hier.

 

Go Back