News

SUID-AFRIKAANSE WYN: OESVERSLAG 2015

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf sal die 2015-seisoen onthou as een van die droogste en vroegste in jare, met – effens kleiner wyndruifoes wat uitnemende gehalte wyne beloof. Laai af  die volledige oesverslag per streek.

Volgens streekswingerdboukundiges van VinPro – die verteenwoordigende organisasie vir nagenoeg 3 500 wyndruifprodusente en kelders – het die oes vanjaar twee weke vroeër as normaal afgeskop. 

“Hierdie was die vroegste pars in dekades. Warm weer in Augustus het wingerde vroeër laat uitbot, waarna warm, droë en winderige toestande gedurende die somer die wingerdgroei onder beheer gehou en rypwording verder versnel het, waarna parstyd met sowat twee weke vervroeg is,” vertel Francois Viljoen, bestuurder van VinPro se Konsultasiediens. Die droë weer het ook tot die gesondste seisoen in jare gelei, met bykans geen verliese weens siektes of vrot nie.

Daar word verwag dat vanjaar se totale oes 1% – 2% ligter as die rekordoes in 2014 sal wees. Die Worcester-streek het die grootste wyndruifoes in die area se geskiedenis behaal, terwyl Robertson ook – groter oes gerealiseer het. Die Oranjerivier-, Olifantsrivier- en Breedekloof-streke se opbrengste was nagenoeg dieselfde as in 2014, en die res van die streke het ietwat kleiner oeste opgelewer.

Droëlandwingerde in die kusstreke is veral weens die droër seisoen deur watertekorte geaffekteer, terwyl – kanaalbreuk in die Olifantsrivier gedurende Januarie geen noemenswaardige effek op die oesgrootte gehad nie.

Suid-Afrika is die sewende grootste wynprodusent ter wêreld en produseer sowat 4% van die wêreld se wyn. Sowat 52% van die land se natuurlike wyn word uitgevoer en 48% plaaslik verkoop.

Totale Oesgrootte:

Die 2015-wyndruifoes word op 1 502 360 ton geraam volgens die jongste skatting (30 April 2015) van die Suid-Afrikaanse Wynbedryf Inligting en -Stelsels (Sawis). Dit is 1.1% laer as die rekord 2014-oes.

Na verwagting sal die 2015-wynoes – sap en konsentraat vir nie-alkoholiese doeleindes, wyn vir brandewyn en distilleerwyn ingesluit – 1 164.9 miljoen liter beloop, bereken teen ’n gemiddelde verhaling van 775 liter per ton druiwe. 

2014/15 Groeiseisoen:

Goeie reserwes is gedurende die na-oesperiode in April en Mei opgebou, waarna blaarval meestal op die regte tyd plaasgevind het. Koue, nat weer gedurende die wintermaande het daartoe gelei dat voldoende koue-eenhede opgebou is vir die opheffing van dormansie, wat egalige uitbot aangehelp het.

– Warmer Augustus het wingerde vroeër laat uitbot. Hierna het warm, droë en winderige toestande gedurende die somer die wingerdgroei onder beheer gehou en rypwording verder versnel, wat daartoe gelei het dat parstyd met sowat twee weke vervroeg is. 

Met die afwesigheid van gebruiklike hittegolwe in die meeste streke, het – koeler as normale Februarie ideale rypwordings- en parstoestande meegebring. Laer nagtemperature in dié tyd het veral tot mooi kleur en geur in die rooi kultivars aanleiding gegee. 

Temperature het in Maart weer opgewarm en daartoe gelei dat parstyd in die meeste streke sowat twee weke vroeër as gewoonlik klaargemaak het.

Hoewel die droë, warm toestande – en veral – tekort aan reën aan die begin van November – addisionele besproeiing genoodsaak het, was die droë weer gedurende parstyd ideaal om gesonde druiwe sonder siektes of vrot te verseker. 

Wynpotensiaal:

“Spaar julle geld, hier kom mooi wyne!” sê Viljoen. Regoor die kultivarspektrum word uitnemende gehalte wyne verwag, en sommige wynmakers reken reeds vanjaar se oes is een van hul loopbaan-hoogtepunte.

Druifontledings was goed met lae pH en goeie suur- en suikervlakke, wat die basis vir hoë gehalte wyne vorm.

Kleiner korrels, asook matige temperature gedurende parstyd lei tot goeie kleur en intense geur in vanjaar se rooiwyne. Witwyne se algemene standaard is ook bogemiddeld, met goeie wynontledings en geurspektrums.

Oorsig van die streke:

Breedekloof – Een van die heel beste oeste ooit in terme van kwaliteit, met – relatiewe groot volume as bonus.

Klein Karoo – – Buitengewoon vroeë, gesonde seisoen lewer – hoë kwaliteit, maar kleiner oes.

Malmesbury/Swartland – Dié droëlandgebied se oes neem af, maar kleiner korrels bring uitsonderlike gehalte.

Olifantsrivier – Besonderse druifontledings en kleur danksy – meer matige somer; dieselfde oesgrootte as in 2014.

Oranjerivier – – Goeie oes van dieselfde grootte as in 2014, ondanks beperkte rypskade en hittegolwe.

Paarl – Met – baie vroeë afskop, is – kleiner oes van hoogstaande gehalte ingeneem.

Robertson – – Groter oes as in 2014, met uitnemende gehalte wyne.

Stellenbosch – Hoewel effens kleiner, is hierdie een van die beste, indien nie dié beste gehalte oes in jare nie.

Worcester – Die grootste oes in dié streek se geskiedenis lewer baie goeie wyne. 

NAVRAE: 

Jana Loots

VinPro Kommunikasiebestuurder

Tel: 021 276 0461 / 082 853 4029

E-pos: jana@vinpro.co.za

Francois Viljoen

VinPro Konsultasiediensbestuurder

Tel: 021 276 0429

E-pos: viljoenf@vinpro.co.za 

“,195

Go Back