News

Die Kaapse Hooggeregshof het die reg van uitspraak voorbehou in die hofsaak waardeur Vinpro die regering se benadering ten opsigte van beperkings op drankhandel binne die Wet op Rampbestuur betwis.

Nadat argumente deur die regsverteenwoordigers van Vinpro en die regering aangehoor is, het die volbank van drie regters vandag reg van uitspraak voorbehou op die drie punte wat voorgehou is, naamlik Vinpro se argument rondom die regeringstruktuur, die tussentydse aansoek en inagneming van bewyse aangaande die derde golf, asook die kwessie rondom die akademiese aard van Vinpro se aansoek, al dan nie, aangesien die verbod gedeeltelik opgehef is.

“Ons bly hoop vir ʼn positiewe uitkoms in afwagting op die uitspraak oor hierdie belangrike beginsel wat besluitneming rondom ʼn toekomstige verbod op wynverkope sal bepaal,” sê Rico Basson, Vinpro-bestuurshoof. “Intussen bly ons toegewyd aan al ons pogings om die Suid-Afrikaanse wynbedryf ten volle te heropen en herbou.”

Uitgereik deur: Vinpro

Medianavrae:
Wanda Augustyn
Tel: 021 276 0458
Epos: wanda@wineland.co.za

 

Go Back