News

Jancis Robinson, gerespekteerde Britse wynkritikus en joernalis, gaan die 2015-gesprek oor die unieke uitdagings in die wynbedryf lei as gasspreker tydens die Nedbank VinPro Inligtingsdag wat op 22 Januarie 2015 aangebied word. Robinson skenk haar sprekersfooi aan die Pinotage Youth Development Academy (PYDA) in Stellenbosch, met die doel om die Suid-Afrikaanse wynbedryf te ondersteun.

Die Nedbank VinPro Inligtingsdag word in ‘n nuwe tydgleuf, van 09:30 tot 14:00 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) aangebied waartydens Robinson wynprodusente, asook rolspelers uit kelder- en bemarkingsgeledere, sal toespreek oor internasionale wyntendense. 

Decanter beskryf Robinson as ‘die mees gerespekteerde wynkritikus en joernalis ter wêreld’. Sy is – befaamde TV-aanbieder, skryf daagliks vir die bekroonde webblad JancisRobinson.com en weekliks vir The Financial Times.

Robinson het omvattende internasionale ondervinding as wynbeoordelaar, is die eerste persoon buite die wynhandel wat die titel Master of Wine ontvang het, en is ook deur Koningin Elizabeth II vereer met ’n OBE (Order of the British Empire), vir wie se kelder sy nou as adviseur optree. 

Volgens Nikki Munro, programdirekteur van PYDA, word die openhartige skenking van Robinson hartlik verwelkom en sal dit aangewend word om die wynbedryf-waardeketting te bevorder deur – nuwe generasie rolspelers in die wynbedryf te kweek. Die 12-maande PYDA-program bied tegniese opleiding gekombineerd met praktiese ervaring waartydens studente alles leer van wingerdbou en wynmaak tot verkope, bemarking en toerisme. Die program fokus op persoonlike ontwikkeling, en gee studente die vertroue, kennis en vermoë om die oorgang na die wêreld van werk te vergemaklik.

 

Volgens Munro, het die akademie se gegradueerdes ‘n uitstekende begrip van die A-Z van wyn uit ‘n tegniese oogpunt, wat sterk vasgelê is deur middel van hul praktiese ervaring. As hierdie gekombineer word met ‘n hoogs ontwikkelde mate van selfvertroue, sal die studente ‘n blink toekoms vir die land se wynbedryf te voorskyn bring. Ons is baie opgewonde en is dankbaar vir hierdie ruim skenking van Jancis Robinson. Ek sien dit as – teken van ondersteuning vir wat ons hier doen by die PYDA van iemand wat wêreldwyd in die wynbedryf erken word,” sê Munro.

Registrasie vir die Nedbank VinPro Inligtingsdag is tans oop en sluit op 22 Desember 2014. Die volledige program en registrasievorm is op www.vinpro.co.za beskikbaar of kan by Patricia Jordaan by tel 021 276 0429 of jordaanp@vinpro.co.za verkry word.

“,143

Go Back