studentsStudente van Mendel Universiteit in die Tsjeggo-Slowakye het hul weeklange besoek by Vinpro op Maandag, 7 Oktober afgeskop.

Die meesterstudente het verskeie inligtingsessies bygewoon wat deur rolspelers van verskeie afdelings by Vinpro aangebied is. Die joernalis Johannes Richter het ’n oorsig van Wynland Media aan die studente aangebied en verduidelik hoe als saamwerk.

Ivo Zdrahal, ʼn senior akademikus wat die studente vergesel het, sê omdat Mendal Universiteit in ’n wynstreek geleë is, het dit net sin gemaak om Vinpro te besoek.

“Alhoewel Tsjeggo-Slowakye en Suid-Afrika baie verskil, het ons besef ons vra soortgelyke vrae oor die landbou,” sê hy.

Tomáš Nossek, ’n agri-wetenskap meesterstudent, sê die twee lande verskil baie van mekaar in terma van klimaat. Nossek sê al is hulle net vir ’n paar dae hier, geniet hulle om die land te sien, nuwe mense te ontmoet en te leer oor die wynbedryf.  “Ons het nog nie veel van die wynbedryf ervaar nie, maat ons het wynaanbeidinge hier by Vinpro bygewoon en ons sien uit na die res van die week.”

Die studente het hul laaste sessie op Vrydag 11 Oktober bywoon.

 

 

Go Back