News

Innovasie en die deurlopende versterking van ’n unieke identiteit, sal die Suid-Afrikaanse wynbedryf en sy kelders aan die voorpunt van die globale wynarena hou.

 

Sprekers by – onlangse VinPro Santam Kelder Kongres in Rawsonville het dié boodskap aan bykans 200 kelders, produsente en ander wynbedryf-rolspelers oorgedra. Die kongres is vir die eerste keer onder die VinPro-vaandel aangebied met ’n finansiële bydrae van Santam Landbou.

 

“Suid-Afrikaners se kreatiwiteit en waagmoed – die feit dat hulle nie skroom om enige iets aan te pak nie – sal altyd aan die wynbedryf ’n mededingende voordeel gee,” het Peter McAtamney, prinsipaal van die Australiese konsultasiemaatskappy Wine Business Solutions, by die kongres gesê.

 

Dié bedryf het in sy 355 jaar geskiedenis daarin geslaag om homself voortdurend te vernuwe en groot struikelblokke – onder andere oorloë, wingerdsiektes en depressies – te oorkom, het Rico Basson, VinPro se besturende direkteur, bygevoeg.

 

Suid-Afrika het onder andere in die afgelope twee dekades sy uitvoere van 22 miljoen liter in 1992 na 528 miljoen liter in 2013 laat styg. Hoewel Europa – sleutelmark bly wat deurlopend gediens sal word, is die bedryf besig om sy klem na nuwe markte soos Noord-Amerika, Asië en Afrika – spesifiek Angola, Kenia en Nigerië – te verskuif.

 

Volgens Siobhan Thompson, hoof uitvoerende beampte van Wines of South Africa (Wosa), was daar die afgelope ruk ’n golf van optimisme by internasionale opinievormers oor Suid-Afrika, met verwysing na ’n nuwe generasie jong, opwindende wynmakers wyne. “Kom ons bou hierop voort deur die storie rondom die oorsprong en diversiteit van ons land se wyne te bly vier en vertel,” het sy bygevoeg.

 

Aspekte soos sosiale en omgewingsverantwoordelike praktyke is toenemend belangrik vir verbruikers, maar volgens McAtamney wil hulle aan die einde van die dag primêr weet hoe ’n wyn proe en waar dit vandaan kom. “Gebruik innoverende verpakking om dit uit te beeld, en koppel ervarings of konsepte wat bekend is aan die verbruiker aan jou produk. Die tee-bedryf kry dit uitstekend reg, en in die Suid-Afrikaanse wynbedryf is Boekenhoutskloof se Chocolate Block ’n goeie voorbeeld,” vertel McAtamney.

 

Hy het na die globalisering van smake verwys as ’n belangrike tendens wat verbruikersvoorkeure beïnvloed. Dieselfde wyne – Chardonnay, Sauvignon Blanc, wit versnitte, Pinot Gris en Riesling – word byvoorbeeld as die top vyf wyne in die VSA, Kanada, Australië en die VK gelys.

 

“Meer verbruikers koppel wyn aan leefstyl en kos, en is op soek na wyne wat hul eie waardes rondom oorsprong, gehalte en outentiekheid reflekteer. SA-wyne bied iets van alles,” het Thompson vertel.

 

Christo Conradie, bestuurder van VinPro se Wynkelder-divisie, meen die wynbedryf fokus nie primêr daarop om mense te kry om meer wyn te drink nie, maar om meer mense te kry om wýn te drink, teenoor sogenaamde RTD-drankies en bier. Suid-Afrikaners drink nagenoeg 7 liter wyn per kapita, teenoor 8 liter/kapita RTD’s en 58 liter/kapita bier.

 

“Markgedrewe produksie is onontbeerlik – hou deur elke stap van die produksieproses in gedagte waar jou wyn gaan opeindig,” het Conradie vertel. Die wynbedryf is in die proses om – wyn-waardekettingontleding onder kelders uit te voer, in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch, om effektiewe praktyke te identifiseer en implementeer.

 

Kelders fokus ook toenemend op effektiewe energiebestuur. Volgens prof Alan Brent van die Universiteit van Stellenbosch se Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies is die meting van verbruik – goeie begin. “Let op klein, goedkoop maniere om energie te bespaar, soos die regmaak van lekke, nagaan van insulasie en skedulering rondom goedkoper Eskom-tariewe op sekere tye.”

 

Danie Cronjé, direkteur by Cluver Markotter, het wynbesighede aangeraai om voortdurend op hoogte te bly van veranderings aan drankwetgewing en vroegtydig aansoek te doen vir lisensies waar nodig om kostes te bespaar. In – oorsig oor nasionale en provinsiale drankwetgewing, het hy beklemtoon dat instansies wat wyn verkoop nie moet aanneem dieselfde regulasies geld wanneer hulle byvoorbeeld _ proelokaal vergroot of besluit om pieknieks ook aan te bied nie, en hulself moet vergewis van die toepaslike lisensies.

 

Basson het verwys na – strategiese raamwerk wat tans deur die Suid-Afrikaanse wynbedryf geformuleer word met die oog daarop om te verseker dat dié bedryf teen 2025 aanpasbaar, robuus, globaal mededingend en winsgewend is. Die raamwerk word teen die einde van 2014 gefinaliseer en fokus onder andere op ekonomiese bemagtiging, mark- en sosiale ontwikkeling, die verfyning van kennis- en inligtingstrukture, menslike hulpbronontwikkeling en opleiding, asook tegnologiese innovasie en oordrag.

 

“Santam Landbou het ’n verantwoordelikheid om ’n positiewe omgewing vir wynprodusente en kelders te help skep en borg met trots die VinPro Santam Kelder Kongres,” het Niel Esterhuyse, bemarkingsbestuurder: Santam Landbou gesê. Die maatskappy is volgens hom genoeë om verbind te word aan ’n kongres wat innovasie by kelders aanmoedig om die uitdagings van die bedryf te trotseer.

 

“Ons waardeer ons belangegroepe se besigheid en moet al die uitdagings waarmee hulle te make het, verstaan om regte, egte versekering te verskaf. Hierdie borgskappe bring ons nie net nader aan ons kliënte nie, maar gee ons ook die geleentheid om kritiese insette te kry met die oog op die ontwikkeling van nommerpas produkte,” het Esterhuyse bygevoeg.

Kelderkongres

Go Back