Dis wat die kindertjies gedink het toe Vinpro-grondkundige Johan de Jager by Vergenoegd Löw Wynlandgoed me grondidentifikasies besig was.

Om ʼn plaas met geen wingerde te karteer gebeur nie elke dag nie. Boonop is dit nie ʼn maklike proses nie, vertel Johan.

Johan is deel van ʼn opwindende projek by Vergenoegd Löw-wynlandgoed naas Stellenbosch, waardeur die produsent wil bepaal of die plaas se volle potensiaal kan benut word. Hy gaan sowat 500 gate karteer, en die projek, van begin tot die finale verslag, gaan omtrent twee maande duur. Dit bestaan uit grondkartering, chemiese monsterneming, monsterontledings, verslae saamstel en wingerdboukundige advies. “Die kliënt se instruksies was dat ons hierdie plaas as iets nuut moet aanpak, iets wat nog nooit gedoen is nie,” sê hy.

Tans word etlike wingerde in blokke gevestig, maar by Vergenoegd gaan die blokke volgens die grondgrense opgetrek word, met rondings en skewe lyne. Johan sê hierdie plaas is eiesoortig omdat die grond so divers is. “Ons probeer om spesifieke kultivars op die soortgelyke gronde te vestig,” sê hy.

Die uitkomste van die projek is om die grond se mineralogiese eienskappe in die wyne oor te dra. Hy meen dis ook belangrik om saam met die natuur te werk. “Die sones waar grond nie geskik is vir wingerdvestiging nie, gaan ‘groenareas word’,” sê hy.

Johan beoog om soortgelyke projekte in die toekoms uit te voer. “Om volhoubaar te kan boer moet die gronde waarop daar aangeplant word oor tyd winsgewend wees. Om die wynbedryf se volle potensiaal te ontgin, moet ons na presisieboerdery beweeg, sê hy. “Dit  sal die insetkoste, kwaliteit verhoog en verhoog winsgewendheid aanhelp.”

Johan het hierdie Twiet gedeel: 

Dit blyk of hy ook ʼn ekstra paar hande op die dag gehad het.

“Omdat ek die hele plaas karteer, het ek nader aan die personeel se huise beweeg. Die kinders het begin wonder wat maak ek. So het hulle een-vir-een nader beweeg en met mekaar begin gesels en gesê ‘hierdie oom soek diamante.’”

Hy sê hy het vinnig aan hulle verduidelik dat hy eintlik mooi grond soek. Dit was nie lank nie, toe bring hulle vir my kluite van omtrent reg oor die plaas en vra: “Wat dink oom van hierdie?”

Johan sê die kindertjies het verskriklik baie energie en hy het besluit om vir elkeen ʼn beurt te gee om die profielgate oop te kap. “Ek hoop maar eendag as hulle besluit wat om te studeer dat grondkunde ʼn klokkie sal lui,” sê hy.

Go Back