Rico besoek Tsjeggiese Republiek
Rico was onlangs deur die Universiteit van Mendel in die Tsjeggiese Republiek genooi om twee seminare vir akademici en hul wynbedryf te gaan aanbied oor hoe die WISE-strategie die Suid-Afrikaanse wynbedryf bevoordeel het asook die moontlike toepassing van WISE vir hul bedryf. Hul wynbedryf beskaam sowat 20 000 hektaar grootliks in die suide van die land, in ʼn gebied wat bekend staan as Suid Morawië.Rico het die meeste van sy tyd by die hoofkampus in Brno en in Lednice, hul wynkampus, deurgebring en ook verskeie wynkelders besoek.
1. Wat was jou hoogtepunte van die reis?
Dit was ʼn voorreg om genooi te word en insette te gee vir ʼn bedryf wat besig is om hul te posisioneer vir groei en verdere investering, na ʼn lang periode van kommunisme. Ek het verskeie vergaderings met akademici, plaaslike en nasionale regering asook verskeie bedryfrolspelers gevoer. Die volgende het my opgeval:
Ek het het weer besef dat ons bedryf is ongelooflik goed gestruktureerd en Vinpro en instansies soos Winetech is “voertuie” wat deur ons Tsjeggiese kollegas as wereldklas besko word.. Daar is 13 000 wynprodusente wat elkeen gemiddeld op 0,3 hektaar boer. Die enigste groot voordeel wat hul het, is dat die EU-regering steeds wesenlike subsidies gee vir aanplant, produksie en uitvoer van wyn.
Mendel is ʼn landbou-universiteit met wesenlike hulpbronne en ‘n baie spesifieke fokus op wyn. Dosente is relatief jonk en verskriklik gefokus op kennisoordrag, samewerking en verdere spesialisering.
Universiteit het ‘n baie groot “vine plantbreeding” program wat hul noue samewerkingmet regering en industrie doen
Daar is wesenlike belleging in die Tsjeggiese bedryf met verskeie kelders van tussen R100 en R200 miljoen wat gebou word. Baie sterk fokus op wynkwaliteit, innovasie en beeldbou.
Hul wyntoerisme bedryf toon geweldige groei met klein dorpies wat 5 na 10 kilometer van mekaar is, elkeen met ou kastele, chateau’s en ongelooflike natuurskoon-ideaal vir die stappers of fietsryers.
2. Enige iets interessant wat jy daai kant gesien of geleer het wat jy graag met ons wil deel?
Ons gaan defenitief kyk hoe ons die volgende aspekte verder kan uitbrei/benut:
o Uitruil van kennis in terme van PhD studentein wingerd, wyn en ook toerisme.Ook baie kennisuitruil op industrievlak.
o Charles Visser van Vititec gaan in Julie na hul vermeerderings program kyk.
o Daar is geleentheid om nog meer wyn uit Suid –Afrika na hul uit te voer (tans is Tsjeggiese SA se 15 de grootste uitvoerland).
o Maar die interessantste konsep is hul wynsalon wat in ‘n ou kasteel gelee is. Hier kan toeriste die Top 100 wyne van Tsjeggiese uit alle streke proe en wynkoop – alles by een ligging. Dit is uiters professioneel gedoen en iets wat ek dink ons ook met groot vrug sou kon implementeer.
Paiter hardloop die berge in
Paiter het tot onlangs jaarliks die African XTrail Run gehardloop wat oor drie dae en 100km strek.Die gebeurtertenis word egter van vanjaar af nie meer aangebied nie.Hy probeer nog 3x per week hardloop,maar kry dit nie altyd ingepas nie. Hy geniet dit om in die berge te hardloop en doen meeste van sy lopies in Paarlberg.
—————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————————
Christo waag die koue
Christo was onlangs deel van ‘n Wieta etiese besoek aan die Nordiese lande (Finland, Noorweë en Swede) en het ook ‘n draai gaan gemaak by ProWein in Düsseldorf, Duitsland (die grootste Internasionale Handelskou vir wyn).
Die vernaamste rede was om die SA Wynland se jongste etiese aktiwiteite en vele inisiatiewe prakties te gaan oordra en van konteks en onderbou te voorsien. Dit was baie belangrik om te beklemtoom dat sosiaal-maatskaplike optrede nie in isolasie van die finansiële realiteite, uitdagings en marktoestande gesien en hanteer kan word nie. In hierdie opsig is daar werkswinkels gehou met diebestuur van die monopolië in elke land, invoerders en vakbonde. Alle drankverkope word deur ‘n sentrale regerings-entiteit (Sosialisme, teenoor ons wat bekend is met ‘n Kapitalistiese stelsel in SA) beheer en geen bekende Kleinhandelaars is hier betrokke nie, maar slegs drankwinkels bekend as Alko, Systembolaget en Vinmonopolet. Ek is vergesel deur Wieta se CEO, asook twee arbeidsverteenwoordigers op die Wieta Raad.
Die toer afgesluit deur aan te doen by ProWein en ‘n blik te kry op hierdie internasionale platform.Waar lande hul beste wyne kom uitstalvir internasionale aankopers.Die skou bestaan uit ongeveer 75,000 vierkante meter en sienamper 70, 000 besoekers oor die drie dae. WoSA het ‘n SA Pawiljoen verteenwoordig met ongeveer 90 plaaslike uitstallers, asook ‘n verdere 117 SA handelsmerke wat saam met hul eie internasionale agente uitgestal het.
1. Wat was die hoogtepunte van jou reis.
Om te sien en te ervaar hoe sosialisme in praktyk fuksioneer. Dat hierdie lande ook deur ‘n uiters moeilike geskiedenis kom en wel baie begrip het vir ons arbeidsuitdagings en dus baie klem plaas op die humanitêre komponent van gemeenskappe. Ook natuurlik hoe hul vakbonde funksioneeen dit absoluut ‘n normale praktyk is dat omtrent alle werknemers ( van junior vlak tot by senior bestuur) aan ‘n vakbond behoort en glo in decent work, fair working conditions and a living wage, wat hulle dan ook sterk voorstaan en beywer vir alle produkte wat hulle aankoop, ongeag die land van herkoms.
Ander hoogtepunte was die museum in Oslo te waar die Nobelprys van Vrede elke jaar oorhandig word; hoe gesondheidsbewus hulle is in terme van eetgewoontes en oefening om in die sneeu te kon loop het en selfs dit gewaag het om in Victoria Secret iets vir my vrou/dogters te koop – vir die wat nie weet nie, hulle is bekend vir fyn satyn.
2. Enige iets interessant wat jy daai kant gesien of geleer het wat jy graag met ons wil deel?
Die volledige verslag kan in April se Kelderskrywe gelees word, maar die belangrikste was dat hierdié lande ons wil ondersteun in ons wynhandel. Hulle besef dat dinge nie oornag kan verander nie, maar die deurlopende verbeteringe, volop mooi en inspirerende stories moet beter verpak en deurlopend gekommunikeer word.
Moenie wag vir ‘n krisis, aantyging of joernalis om swart kolle te kom uitwys, en dan te wil opspring en in defense mode te gaan nie … wees pro-aktief en speel van die voorvoet af – julle het baie te bied.
__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Ons eie tennis speler:
Ons eie tennis speler:
Tobie is al meer as 20 jaar lid van die Rekreasie Tennisklub in Somerset-Wes wat tans die grootste ledetal in Suid-Afrika . In hierdie tydperk het hy nie een ligaseisoen (mans en gemengde liga) gemis nie. Hy het ook twee maal die Boland verteenwoordig in die senior Interpro-toernooie. Tans speel hy elke Donderdagaand met sy drie vriende ʼn sosiale wedstryd en Saterdae speel hy sosiaal as dit nie ligawedstryde is nie.
Liefde vir tennis se liefde is in sy hart en hy het nooit motivering nodig om te gaan speel nie. ”Soos in enige sport moet jy fisies en sielkundig fiks wees om jou beste te lewer – en dit is mos die hoofdoel van sport!”