Geduld. Dit sekerlik die mees belangrikste dinge Gerda Kriel oor meer as drie dekades by die Vinpro-groep geleer het.

Haar groot dagboek is die eerste ding wat jy raaksien as jy verby Gerda se lessenaar gestap het. “Mense weet al, jy raak nie aan daai dagboek nie, maar as jy wil loer, maak net seker jy sit weer op sy plek.”

Mense weet jy moet haar boek skuif soos jy dit gekry het. Maar, sy het oor die jare geleer hoe om geduldig te wees, want elkeen is mos anders of hoe?

Gerda het op 1 November 1984 by Vinpro aangesluit. Haar man het by KWV gewerk en het elk ʼn saamry geleentheid gehad. Hulle het nog daardie jare op Stellenbosch gebly. “Toe besluit ons om ʼn huis in Paarl te koop.”

Gerda sê daar het baie uitbreidings by Vinpro bygekom. “In daai jare was dit net konsultasiedienste, twee landbou-ekonome en WynBoer, maar hulle het op ʼn ander plek gesit, Wine MS en die Transformation Unit het ook bygekom.”

“Ek is baie trots op Vinpro se mylpale, maar ek was veral trots toe Vinpro in 2003 onafhanklik geraak het.”

Een van die dinge wat ek vreeslike sal mis, is geleenthede soos die jaareindfunksie, direksie-vergaderings, dinkskrum en strategiesesessies reël. “Ek hou daarvan om dinge sien bymekaar kom,” sê sy.

“As Rico eers iewers heen moet gaan en reëlings tref, word hy mismoedig, maar ek raak so opgewonde,” sê sy laggend.

Gerda sê die geselsies en belangstelling sal haar altyd bybly. Maar, vir nou groet sy die Vinpro-familie en sien uit om lang dae by die see deur te bring, te stap en net lekker by die see te ontspan.

 

Go Back