News

Funzani Sundani, ’n spesialis in marknavorsing by Graan SA, het haar op 1 Augustus 2015 by VinPro as landbou-ekonoom aangesluit. 

Sy het ’n BScAgric-honneursgraad in landbou-ekonomie aan die Universiteit van Vrystaat behaal, waarna sy as verkoopsintern by Nova Feeds gewerk het. 

Funzani was die afgelope drie jaar aan Graan SA in Pretoria as landbou-ekonoom: marknavorsing verbonde. Haar werk het onder andere analise van pryse en markte met betrekking tot graan en oliesaad behels. Sy was ook verantwoordelik vir navorsing oor strategieë rondom uitvoerpromosie en die ontwikkeling van nuwe markte, asook vooruitskattings in dié sektor.

VinPro is die verteenwoordigende organisasie vir sowat 3 500 Suid-Afrikaanse wynprodusente en -kelders. 

,239

Go Back