News

Bertie van der Merwe van die plaas Alvi’s Drift.

Bertie van der Merwe, ʼn bekende boer uit die Worcester-distrik, sal onthou word as ʼn steunpilaar in die Wes-Kaapse wyn- en landboukringe. Hy is op 2 Augustus 2021 op 83 -jarige ouderdom aan ʼn hartaanval oorlede.

Bertie was jare lank aan die stuur van sy familie se plaas, Alvi’s Drift, as een van die land se grootste private wynboere. Hy was ook die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting en het op die raad van die KWV gedien. Deur die jare het hy die wyndruifplaas opgebou en uitgebrei na sitrus, suiwel, pluimvee, varke en sagtevrugte.

Lees hier meer oor sy bydrae.

“Oom Bertie van der Merwe was ʼn man van die aarde en grond. ʼn Boer wat met ʼn wonderlike intellek altyd reg was om nuwe planne te beraam, hetsy op plaas-, besigheids- of bedryfsvlak, het Bertie diep spore in die wyn- en brandewynbedryf getrap,” sê Vinpro-voorsitter Anton Smuts.

“Hy het die Suid-Afrikaanse wynbedryf gedien met toewyding en passie, en met ʼn enorme hoeveelheid kennis en begrip van verskeie fasette van die bedryf. Vir hom was dit belangrik dat die bedryf winsgewend en aanpasbaar is in die langtermyn, met weldeurdagte strategieë. ʼn Groot seder het geval en ons het ʼn merkwaardige man verloor wat nie net vinnig op sy voete kon dink nie, maar ook altyd reg was om te dóén.”

 

 

Go Back