News

Namate die verbod op plaaslike drankverkope groter druk op Suid-Afrikaanse wynbesighede plaas en die bedryf steeds wag om te hoor of Tesourie ʼn versoek tot aksyns-uitstel aan die drankbedryf sal toestaan, word ondernemings aangeraai om reeds nou al in hul eie hoedanigheid vir die uitstel aansoek te doen.

 

“Ons het bevestiging ontvang dat aansoeke vir die uitstel van aksynsbetalings direk via die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gedoen kan word. Besighede kan hierop terugval indien Tesourie nie die algehele versoek tot aksyns-uitstel aan die drankbedryf toestaan nie en/of ons terugverwys na die SAID in die lig van tydsbeperkings in die huidige finansiële jaar,” het Vinpro in ʼn skrywe aan sy lede op 13 Januarie 2021 meegedeel.

Hoewel die bedryf nog nie formele terugvoer van die Minister van Finansies se kantoor ontvang het oor die bedryf se versoek vir die uitstel van aksynsverpligtinge nie, was sommige ondernemings wat sedertdien in hul eie hoedanigheid aansoek gedoen het, wel suksesvol. Hulle het praktiese advies oor die aansoekproses gedeel.

Die Doeane- en Aksynsverligtingskomitee gebruik die volgende templaat om eise rondom die uitstel van aksynsbetalings te verwerk:
LAAI TEMPLAAT AF

Elke aansoek moet vergesel word deur inligting oor waarom die uitstel toegestaan moet word, met meer spesifieke besonderhede van die betrokke bedrae, wat die mate van finansiële uitdagings toon, ʼn skoon nakomingsrekord, asook enige ander relevante ondersteunende inligting/dokumentasie (asof dit ʼn normale versoek is vir die uitstel van skuldterugbetalings). In vorige korrespondensie het die SAID aangeraai dat die volgende dokumente saam met enige aansoek gestuur moet word:

  • Die naam en doeane-kode van die persoon wat aansoek doen om verligting (hetsy ʼn regs- of natuurlike persoon).
  • SAID-belastingverwysingsnommer.
  • Fisiese en posadres, asook ander kontakbesonderhede.
  • Die tipe en bedrag van die skuld (Doeane/BTW/LBS/PIT).
  • Die terugbetalingsplan, insluitend die bedrag wat verskuldig is, afbetalingsbedrag en tydperk, ens.
  • ʼn Bondige motivering vir die aansoek.
  • Bankstaat vir ʼn tydperk van ses maande.
  • Dokumentêre bewyse van die aansoeker se finansies, insluitend ʼn geouditeerde finansiële staat vir die boekjaar wat die datum van die aansoek voorafgaan.
  • Aansoeker se verwagte inkomste en ontvangste tydens die voorgestelde terugbetaling.
  • Die aansoeker se bates, beleggings en polisse, insluitend beskrywings van die bates.
  • Die aansoeker se debiteure en skuldeisers, insluitend hul kontakbesonderhede, name en verskuldigde bedrae.
  • Kontrakte of tenders wat aan die aansoekers toegeken word.
  • ʼn Gewaarmerkte afskrif wat dien as dokumentêre bewys dat die persoon wat die aansoek indien, magtig om namens die aansoeker op te tree.

Aansoeke moet by die volgende e-posadres ingedien word:
osc@sars.gov.za

Daar word voorgestel dat elke aansoeker die kantoor van die Doeane & Aksyns Hoofbeampte, Mnr Beyers Theron (btheron@sars.gov.za) en hul eie belastingsverhoudingsbestuurder (waar van toepassing) by bogenoemde e-pos insluit.

Die persoon wat op die aansoek reageer is:
Simphiwe Hlazo
Operasionele Spesialis: Aksyns
SHlazo@sars.gov.za
Sel: +27 61 521 9836
SAID-hoofkantoor, Brooklyn

Die persoon wat die uitstel afkeur/goedkeur is:
Mnr Beyers Theron (Voorsitter)
Doeane- en Aksynsverligtingskomitee
Verdere navrae kan gerig word aan:
Christo Conradie
Vinpro-bestuurder: Wynbesigheid
tel:       +27 (0)21 276 0429
e-pos: christo@vinpro.co.za

 

 

 

Go Back