Op 1 Julie 2021 het die wyn- en spiritualieë-industrie ʼn dringende versoek ingedien dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) die toestemming verleen word om die aksynsbelastingvoorwaardes van die drankbedryf met minstens 90 dae te mag verleng. Volgens terugvoer van die SAID is dit nie vir hulle moontlik om ʼn algemene uitstel aan die bedryf toe te staan nie, maar individuele instansies mag wel in hul eie hoedanigheid aansoek doen om verlenging.
“Let asseblief daarop dat die versoek om die verlenging van die betalingsvoorwaardes vir aksynsbelasting ʼn tydrowende wetswysiging aan Reël 19A.11 van die Wet sou vereis. Gegewe die dringendheid van die drankbedryf se versoek, beveel die SAID dus aan dat SALBA/Vinpro hul lede aanraai om gebruik te maak van die huidige wetlike bepalings waardeur handelaars wat aksynsverpligtend is, kan vra vir uitstel van hul belastingbetalings volgens die voorwaardes ingevolge Reël 105 van die Wet,” lui die korrespondensie van die SAID.
Alhoewel hierdie aksynsverlenging waarskynlik meer van toepassing sou wees op spiritualieë (volgens vervaardiging) as wyn (volgens verkope), deel Vinpro die volgende praktiese advies van ondernemings wat vroeër vanjaar suksesvol vir hierdie verlenging aansoek gedoen het.
Die Doeane- en Aksynsverligtingskomitee gebruik die volgende templaat om eise rondom die uitstel van aksynsbetalings te verwerk:
LAAI TEMPLAAT AF
Elke aansoek moet vergesel word deur inligting oor waarom die uitstel toegestaan moet word, met meer spesifieke besonderhede van die betrokke bedrae, wat die mate van finansiële uitdagings toon, ʼn skoon nakomingsrekord, asook enige ander relevante ondersteunende inligting/dokumentasie (asof dit ʼn normale versoek is vir die uitstel van skuldterugbetalings). In vorige korrespondensie het die SAID aangeraai dat die volgende dokumente saam met enige aansoek gestuur moet word:
- Die naam en doeane-kode van die persoon wat aansoek doen om verligting (hetsy ʼn regs- of natuurlike persoon).
- SAID-belastingverwysingsnommer.
- Fisiese en posadres, asook ander kontakbesonderhede.
- Die tipe en bedrag van die skuld (Doeane/BTW/LBS/PIT).
- Die terugbetalingsplan, insluitend die bedrag wat verskuldig is, afbetalingsbedrag en tydperk, ens.
- ʼn Bondige motivering vir die aansoek.
- Bankstaat vir ʼn tydperk van ses maande.
- Dokumentêre bewyse van die aansoeker se finansies, insluitend ʼn geouditeerde finansiële staat vir die boekjaar wat die datum van die aansoek voorafgaan.
- Aansoeker se verwagte inkomste en ontvangste tydens die voorgestelde terugbetaling.
- Die aansoeker se bates, beleggings en polisse, insluitend beskrywings van die bates.
- Die aansoeker se debiteure en skuldeisers, insluitend hul kontakbesonderhede, name en verskuldigde bedrae.
- Kontrakte of tenders wat aan die aansoekers toegeken word.
- ʼn Gewaarmerkte afskrif wat dien as dokumentêre bewys dat die persoon wat die aansoek indien, magtig om namens die aansoeker op te tree.
Aansoeke moet by die volgende e-posadres ingedien word:
osc@sars.gov.za
Daar word voorgestel dat elke aansoeker die kantoor van die Doeane & Aksyns Hoofbeampte, Mnr Beyers Theron (btheron@sars.gov.za) en hul eie belastingsverhoudingsbestuurder (waar van toepassing) by bogenoemde e-pos insluit.
Die persoon wat op die aansoek reageer is:
Simphiwe Hlazo
Operasionele Spesialis: Aksyns
SHlazo@sars.gov.za
Sel: +27 61 521 9836
SAID-hoofkantoor, Brooklyn
Die persoon wat die uitstel afkeur/goedkeur is:
Mnr Beyers Theron (Voorsitter)
Doeane- en Aksynsverligtingskomitee
Verdere navrae kan gerig word aan:
Christo Conradie
Vinpro-bestuurder: Wynbesigheid
tel: +27 (0)21 276 0429
e-pos: christo@vinpro.co.za
