News

2015 Agri's Got talent winner, Armando Baartman

2015 Agri’s Got talent winner, Armando Baartman

Dis weer tyd vir die Michael Jacksons en Beyoncés om onder die stort uit te klim en hul sangtalent met die wêreld te deel.

Inskrywings vir Agri’s got Talent, die voorste sangkompetisie in die landboubedryf is nou oop en sluit 30 April 2016.

Dié gesamentlike projek van HORTGRO, die VinPro Stigting en die Wes-Kaapse Departement van Landbou, bied aan talentvolle plaas-, pakhuis- en kelderwerkers in die vrugte- en wynbedryf die geleentheid om groot pryse te wen en hul sangtalent te ontwikkel.

“Agri’s got Talent is meer as net ’n sangkompetisie,” sê Jana Loots van VinPro en organiseerder van die projek. “Die projek is ’n geleentheid om vaardighede op talle vlakke te ontwikkel wat deelnemers weer in hul eie onderskeie gemeenskappe kan terugploeg.”

Enigeen wat kan sing, oor agttien jaar is en minstens drie maande van die jaar op ’n plaas/pakhuis/kelder werk, kan ’n klankgreep inskryf. Die projek bestaan uit ’n keuringsproses, ’n week lange sangopleiding en lewensvaardighede kursus vir die top 10 finaliste, asook ’n gala-aand waartydens ’n span beoordelaars die wenner aanwys. Die wenner ontvang ’n kontantprys en die kans om by landbougeleenthede op te tree.

Vanjaar is die derde jaar wat Agri’s got Talent aangebied word. Die vorige twee wenners, Ayabonga Mhobo en Armando Baartman, tree gereeld op, met Ayabonga wat ook in Nederland naam gemaak het.

Dus, as jy dink jy het talent, woema en durf, gryp dié geleentheid aan … ons is op soek na bedryf se volgende celeb. Dit kan dalk net jy wees?

Om in te skryf:

Stuur – klankgreep van die langer as 3 minute nie na:

Whatsapp: 082 372 1557 of e-pos: agritalent@gmail.com

Sluit ook die volgende in:

  • Naam en van
  • Geboortedatum
  • Eie selfoonnommer
  • Naam van plaas/kelder
  • Naaste dorp

Om die pamflet af te laai, kliek hier.

Vir al die nuus, foto’s en aksie, besoek: https://agrisgottalent.wordpress.com of Facebook: www.facebook.com/agrisgottalent.

Navrae:

Inskrywings: 021 863 1599; Media: 021 870 2900.

“,369

Go Back