News

Alvi van der Merwe, eienaar van Alvi’s Drift Wyne.

Ons gesels elke maand met ʼn kelder oor hul onderneming, wat hulle laat wakker lê en wat hulle hoop gee. “Waag dit om getrou te wees aan jouself, die mense en die land, en laat alles beter na vir die volgende generasie. Dit sal vrugte afwerp vir geslagte vorentoe,” sê Alvi van der Merwe, eienaar van Alvi’s Drift.

 

1. Vertel ons meer oor Alvi’s Drift?

Ons is geleë op die mees suidelike punt van die Breëriviervallei se Worcester-wyndistrik,
net 50 kilometer van die kus af, in ons wynwyk Scherpenheuwel. In 1928 het ons stigter Albertus Viljoen “Oupa Alvi” van der Merwe ‘n stukkie vrugbare bolandse landbougrond op die oewer van die Breederivier bekom.

Wydverspreid oor ‘n netwerk van sewe aangrensende plase, verbou ons 410 hektaar wingerde. Ons produseer agt uitsonderlike wynreekse oor vyf verskillende pryssegmente – ons bied werklik iets vir elke verbruiker se smaak. Ons wynreekse sluit in die gewilde premium Signature-reeks, premium 221-reeks en vonkelwyne, onderskeidelik die super premium en ultra premium Reserve- en Albertus Viljoen-reekse saam met cap classique-wyne, en laastens die Verreaux Pinotage wat deel is van ons luukse Flagship-reeks.

Alvi’s Drift-wyne is beskikbaar in alle vooraanstaande Suid-Afrikaanse supermarkte en drankwinkels, wat 85% van ons verkope verteenwoordig, en 15% van ons wyne word na meer as 25 lande wêreldwyd uitgevoer.

Buiten ons wingerd- en wynfokus, voer ons ook sitrus uit en verkoop suiwelprodukte onder ander besigheidsentiteite. Omdat ons ‘n multi-landboubesigheid is, het ons ‘n wye reeks personeel op die plaas, maar die administrasie-afdeling, kelder en pakhuis alleen neem byna 26 mense in diens.

By Alvi’s Drift strewe ons daarna om mense se waardering van dit wat werklik saak maak verder te verryk, deur meer spontane konneksies en onvergeetlike oomblikke te inspireer. Ons strewe ook daarna om baanbrekers te wees deur wilskrag en toegewydheid, en om nie net ons weg oop te vind nie, maar dit oop te breek. Daarom is ons altyd besig met die onverwagse en dit wat ons harte warm laat klop.

2. Watter lesse het julle in die afgelope paar uitdagende jare geleer?

Wat ons geleer het, is dat ons ‘n lojale, interaktiewe en werklike groep aanhangers het. Ons het uitgereik in ons tyd van nood en is aangeraak, nie deur verbruikers nie, maar deur duisende werklike en geïnvesteerde mense met hul eie stories, behoeftes en begeertes wat wou betrokke raak en help.

Ons sal nooit die ondersteuning wat ons die afgelope paar jaar ontvang het vergeet nie en dit het ons gedryf om selfs harder te werk om die beste gehalte wyn te verskaf om mense se waardering van dit wat werklik saak maak verder te verryk.

Ons het ons vermoëns opgeskerp om direk met ons vriende te kommunikeer en veranderinge aangebring om ‘n baie meer interaktiewe en veeleisende aanlyn markplek te akkommodeer. Tussendeur het ons nie die toegewyde en passievolle kleinhandelaars uit die oog verloor wat ons ondersteun het namate ons gegroei het, en wat in staat is om ons produkte by ‘n groeiende aantal ondersteuners uit te kry teen baie meer mededingende tariewe nie – wat ons in staat stel om uitsonderlike wyne aan die mark te bied teen goeie pryse regoor die land.

3. Wat maak jul streek spesiaal in terme van terroir

Geseënd met ‘n ideale Mediterreense mikroklimaat, die verkoelingseffek van die Atlantiese Oseaan se seebries saans, diverse topografie en grondtipes, sowel as ‘n oorvloed water, is Alvi’s Drift se wingerde ideaal geposisioneer vir die vervaardiging van merkwaardige wyne met ‘n unieke, vruggedrewe karakter en kompleksiteit.

As bewaarders van die grond waarop die Alvi’s Drift-wingerde geleë is, is ons diep verbind tot omgewingsbewaring en maatskaplike opheffing. Deur volhoubare boerderypraktyke streef ons daarna om nie net aan ons plaas terug te gee wat daaruit geneem word nie, maar om voortdurend maniere te vind om die gesondheid en diversiteit van hierdie unieke terrein te verbeter.

In die manier waarna ons na die land omsien wat aan ons toevertrou is, die mense saam met wie ons werk, ons werkswyses en die produkte wat ons skep, streef ons voortdurend daarna om onsself te verbeter, met uitnemendheid as doelwit in alle aspekte van ons besigheid.

Hierdie gedragskode stel ons in staat om ons land te eer, ons mense te bemagtig, ons gemeenskap op te hef en deur ons produkte uit te reik na die groter gemeenskap om saam met ons op hierdie reis te gaan.

4. Enige opwindende planne in die pyplyn?

Ja! Ons het uiteindelik daarby uitgekom om ‘n toegewyde vatsentrum te bou … en net op die regte tyd. Die vraag na ons produkte bly groei en spasie in die familiekelder raak net te klein – soortgelyk aan hoe plaashuise saam met ʼn familie uitbrei.

Die nuwe verouderingskelder sal ons in staat stel om op ‘n veiliger en meer volhoubare wyse te funksioneer en ontsluit verskeie geleenthede vir die skep van uitsonderlike wyne van onwrikbare gehalte – wyne wat net so onweerstaanbaar in smaak is as wat hulle in prys is, en wat ons uitsien om aan verbruikers bekend te stel. (Spoiler alert: Ons stel in September vanjaar ‘n nuwe Sauvignon Blanc bekend).

Andersins sien ons daarna uit om ons lojale ondersteuners te beloon met die bekendstelling van ‘n toegewyde wynklub later vanjaar, wat ʼn groter agter-die-skerms blik sal gee op die lewe by Alvi’s Drift en ons vriende meer sal vertel oor ‘n paar van die interessante wyne wat ons skep, uitdagings wat ons in die gesig staar en eksperimente waarmee ons voortdurend besig is.

5. Wat is jou boodskap aan ander wynondernemings?

Dare to be true. Glo nie net in jouself nie, maar in die mense rondom jou. Elke wynkelder en wyn is ‘n eiesoortige uitdrukking van die wonder van Suid-Afrika en die wyne wat ons bied – iets wat die wêreld nou eers regop sit en raaksien. Waag dit om getrou te wees aan jouself, die mense en die land, en laat alles beter na vir die volgende generasie. Dit sal vrugte afwerp vir geslagte vorentoe.

 

 

Go Back