Wingerdprodusente doen tans – skadebepaling nadat – veldbrand deur die loop van verlede week in die Simonsberg-gebied gewoed het.
Volgens VinPro-wingerdboukundige vir die Stellenbosch-streek, Conrad Schutte, strek die skade van die totale vernietiging van wingerd, tot geskroeide blare en moontlike rookbesmetting.
Die brand het op 19 Januarie teen die suidwestelike helling van Simonsberg, bokant die dorp Pniel, ontstaan. Hiervandaan het dit oor die hele berg versprei en wesenlike skade aan die wingerde van verskeie bekende wynlandgoedere, insluitend Thelema, Uitkyk, Kanonkop en Rustenberg, aangerig voor dit uiteindelik op 22 Januarie onder beheer gebring is.
Schutte het gesê dit sal op hierdie stadium moeilik wees om die presiese omvang van die skade te bepaal, selfs nou nadat die brand geblus is. “Ons het uit vorige veldbrande geleer dat sommige wingerde wat voorkom of hulle erg beskadig is, soms ongelooflik herstel, terwyl ander wat lyk of hulle oorleef het, dit nie maak nie. Slegs die tyd sal leer.”
Hy het voorgestel dat die herstel van besproeiingstelsels en behoorlike besproeiing van aangetaste wingerde die eerste prioriteit na brandskade moet wees. “Dis nie noodwendig so maklik gegewe die huidige droogtetoestande nie, maar kan ’n groot verskil in terme van die wingerdstok se oorlewing maak. Dit kan ook help om alle wyndruiftrosse van beskadigde stokke te verwyder,” het Schutte gesê.
Dis onwaarskynlik dat wingerdstokke wat aangetas is, weer begin groei gegewe die huidige droogte, en Schutte raai produsente af om hierdie stokke op hierdie stadium te snoei.
Rookbesmetting van wyndruiwe kan die effek van die brande verder as die fisiese brandskade laat strek, aangesien die rook wat van brandende woude en fynbos kom moontlik ook nabygeleë wingerde beïnvloed. Die omvang hiervan sal eers behoorlik bepaal kan word nadat wyn van hierdie druiwe gemaak en ontleed is. Die Instituut vir Wingerd- en Wynwetenskappe (IWWW) het riglyne aan die bedryf uitgereik om die potensiële gevolge van rookbesmetting te verminder.
Volgens VinPro landbou-ekonoom, Andries van Zyl, kan brandskade – gebaseer op bedryfsgemiddelde syfers – – wingerdprodusent sowat R240 000 per hektaar kos. Dit sluit – verlies aan inkomste, bykomende arbeid om beskadigde wingerdstokke te verwyder en die hervestiging daarvan in. Hierdie syfer kan egter heelwat verskil tussen wingerde, veral in gevalle waar – spesifieke wingerd wat vernietig is bekroonde, premiewyne produseer.
Daar was die afgelope week werklike kameraadskap tussen bure, plaaswerkers en selfs ernstige wyn-aanhangers wat saamgespan het om die brandweermanne wat die brande geblus het te ondersteun. VinPro, die organisasie wat meer as 3 500 wingerdprodusente en wynkelders verteenwoordig, het sy ondersteuning aan die geaffekteerde wynbesighede in die vorm van wingerdstokkies en konsultasie op – ad hoc-basis aangebied.
NAVRAE: Lee-Anne Davidson by tel 021 276 0460, leeanne@vinpro.co.za.
,343