Die Plantproduksie Leerlingskap-program, – eerste in die wynbedryf, het onlangs afgeskop met – groep van 12 leerders. Dit word deur die wynbedryf verteenwoordigende organisasie VinPro en AgriSeta befonds, en deur Skills Fusion aangebied.
Dié omvattende program, wat belyn is met NKR vlak 5, word van Augustus 2015 tot Desember 2016 aangebied en bestaan uit 12 maande tegniese studie, gevolg deur 6 maande indiensopleiding op ’n wynplaas of kelder.
Modules wat behandel word, sluit kommunikasie, wiskunde, ondernemingsbestuur, strategiese en plaasbeplanning, asook landbou-waardekettingbestuur, natuurlike hulpbronbestuur, plantfisiologie, plantproduksiebestuur en siekte- en plaagbestuur in.
Nagenoeg 30 aansoeke is ontvang, waaruit 12 leerders gekies is. Die voornemende leerders moes – minimum Graad 11 of 12 skoolvlak-opvoeding hê, nie permanent in diens wees nie, en het sifting met betrekking tot geletterdheid en syfervaardigheid ondergaan.
“Die bemagtiging en ontwikkeling van individue in die Suid-Afrikaanse wynbedryf word beskou as prioriteit en daarom is hierdie – groot opleidingsgeleentheid vir die industrie,” sê Kachné Ross, VinPro wingerdboukundige en opleidingsbeampte. Die kwalifikasie dien as – grondslag vir leerders om hul kennis te verbreed op die gebied van plantproduksie en kan lei tot verdere spesialisering.
Na voltooiing van die program sal leerders in staat wees om plaaswerker posisies te beklee en met die kennis wat hulle opgedoen het, ekonomies meer aktief in boerderypraktyke wees, wat ‘n direkte impak op plaaslike ekonomiese ontwikkeling sal hê.
NAVRAE: Kachné Ross, 021 276 0453, kross@vinpro.co.za.
,271