News

Rico Basson, managing director of VinPro.

Rico Basson, managing director of VinPro.

Hoewel die nuutste bo-inflasie stygings in aksynsbelastings tot – uitdagende jaar vir die Suid-Afrikaanse wyn- en brandewynbedryf mag bydra, word spesifieke vergunnings ten opsigte van brandewyn en vonkelwyn verwelkom.

Aksynsverhogings van 8% op beide natuurlike en vonkelwyn en 8.2% op spiritus is op 24 Februarie 2016 gedurende die jaarlikse Nasionale Begrotingsrede deur die Minister van Finansies, Pravin Gordhan aangekondig.

“Die 2016-wyndruifoes sal na verwagting wesenlik kleiner as vorige jare wees na ’n baie warm, droë seisoen en brandskade in sommige gebiede. Kostestygings bied verdere uitdagings in die komende jaar,” het Rico Basson, besturende direkteur van VinPro, die verteenwoordigende organisasie vir sowat 3 500 Suid-Afrikaanse wynprodusente en kelders, gesê.

Die implementering van ’n gedifferensieerde aksynstarief vir brandewyn van 10% laer as ander spiritualieë kan egter ’n noodsaaklike hupstoot aan – kategorie gee wat die afgelope paar jaar – daling in verkope ondervind het. Die feit dat vyf liter wyn gebruik word om een liter brandewyn te produseer, beteken dat die gedifferensieerde tarief ook tot wynprodusente se voordeel kan strek.

“Dit is verder bemoedigend dat die regering se beleid rondom alkoholbelasting ook – hersiening van die berekeningsmodel vir aksyns op vonkelwyn ingesluit het,” vertel Basson.

Die Suid-Afrikaanse wyn- en brandewynbedryf beoog om sy 1.2% bydrae tot die nasionale BBP te verhoog en die huidige werkskeppingsyfer van nagenoeg 300 000 verder uit te brei, as deel van ’n nuwe strategiese raamwerk, oftewel Wine Industry Strategic Exercise (Wise).

“Die behaling van hierdie teikens sal onderhewig wees aan die regering se bereidwilligheid om die bedryf te ondersteun en saam te werk, om sodoende ’n bevorderlike omgewing vir groei te bewerkstellig,” het Basson gesê.

NAVRAE: Lee-Anne Davidson, tel 021 276 0460, e-pos leeanne@vinpro.co.za.

,361

Go Back