News

Suid-Afrika se totale hektaarstand beloop tans 95 775 en verteenwoordig ’n daling van 2 822 ha. Dit volgens die nuutste statistieke uitgereik deur die SA Wynbedryfinligting & -Stelsels (SAWIS)

Tot en met 2006 het die totale oppervlakte toegeneem, maar sedertdien met 6 371 ha gedaal. Variëteite het relatief konstant gebly met Chenin Blanc en Colombar steeds die mees aangeplante wit variëteite, gevolg deur Cabernet Sauvignon en Shiraz as die mees aangeplante rooi variëteite.

Laai die volledige infografika af wat 2006 vs 2016 tendense uitwys. Dit sluit in:

  • Totale wyndruifoppervlak per streek
  • Mees aangeplante wit variëteite
  • Mees aangeplante rooi variëteite
  • Ouderdomsverspreiding: top 4 wit en rooi variëteite
  • Onderstoktendens in wynstreke
  • Netto veranderings rondom aanplantings in wynstreke

Soos gepubliseer in die Julie 2017 uitgawe van WynLand tydskrif.

Go Back