Is jy daarvan bewus dat AWARE (Assosiasie vir Alkoholverantwoordelikheid en Opleiding) pas ʼn Kommunikasiekode geloods het? Dit behels meer as net om die AWARE-logo op jou webblad te plaas. Vind meer uit oor die beweegrede agter AWARE se selfreguleringsbenadering en die implikasies wat die kode vir jou besigheid inhou.
Woon ‘n gratis sessie op 31 Oktober by Klein Joostenbergvlakte by.
Vinpro is saam met Salba en verskeie ander alkoholiese drankorganisasies deel van AWARE, wat ten doel het om verantwoordelike gebruik van alkohol te bevorder, en kwesbare gemeenskappe wat deur misbruik geaffekteer word, by te staan.
Lees meer onder, of laai die uitnodiging af