News

Die egalige lootgroei van ʼn Pinot Noir-wingerdblok van Juan van der Riet by Twee Jonge Gezellen het hom laat uitstaan as die wenner van die jaarlikse Winetech Vinpro Wingerdblokkompetisie in die Paarl/Swartland-streek.

Die span wingerdboukundige beoordelaars het altesaam ses inskrywings evalueer, met wyndoelwitte wat van premium tot intreevlak-bottelwyn gewissel het. Die streek sluit Paarl tot Wellington, Franschhoek, Malmesbury en Tulbagh in.

Chris Loubser van Anthonij Rupert Wyne was in die tweede plek met ʼn Cabernet Franc-blok en Wilhelm Relihan van Oak Valley was ʼn kortkop agter in die derde plek met ʼn Cinsaut-blok.

֞”Die egalige lootgroei is ʼn bewys van uiters deeglike beplanning wat die plant van die wingerd voorafgegaan het,” vertel Hanno van Schalkwyk, Vinpro-wingerdboukundige in die Paarl/Swartland-streek.

Hierdie wingerd, wat 98% tydens die beoordeling behaal het, se blokuitleg en grondvoorbereiding is volgens die terroir en wyndoelwitte aangepas. Al die moeite vooraf het die grondslag vir egalige wingerde gelê wat ʼn voorvereiste vir premiumgehalte druiwe is.

Juan se praktyke is noukeurig en doelgerig toegepas. Sy span bestaan slegs uit vroue, wie se moeite en harde regdeur die seisoen die blok op hoë standaard gebring het.

Die Winetech Vinpro Wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om optimale wingerdpraktyke volgens die spesifieke tema te identifiseer, evalueer en met die bedryf te deel.

-Einde-

Uitgereik deur:             Vinpro

Medianavrae:              Wanda Augustyn

Vinpro Kommunikasiebestuurder

Tel: 021 276 0463

E-pos: wanda@wineland.co.za

 

 

Go Back