News

Winetech en Vinpro is op soek na die beste wingerdblok in elke streek, en nooi wyndruifprodusente om aan die 2019 Blokkompetisie deel te neem.

Elke streek identifiseer ‘n tema relevant tot die area vir beoordeling.
Paarl/Swartland: Enige blok wat ten minste drie oeste gelewer het
Stellenbosch: Enige premium kultivar
Olifantsrivier: Enige kultivar en enige wyndoelwit
Worcester/Breedekloof: Enige premium kultivar
Robertson: Enige wingerdblok

Blokke word in die tweede week van Januarie 2019 deur ʼn onafhanklike beoordelaarspaneel evalueer, en alle blokke word met inagneming van hul wyndoelwit beoordeel. Die wenblok word in die daaropvolgende week besoek, waartydens die pryse oorhandig en die wenblok bespreek word.

Die Winetech Vinpro Blokkompetisie het ten doel om erkenning aan ons produsente se beste praktyke te gee, voorpunt-tegnologie met die res van die bedryf te deel en ʼn netwerkgeleentheid te skep vir produsente, insetverskaffers en borge. Lekker groot pryse is ook op die spel.

SPERTYD VIR INSKRYWINGS IS 30 NOVEMBER 2018.

VIR MEER INLIGTING KONTAK:
Stellenbosch, Swartland & Paarl: Gaynor Fortuin, tel 021 276 0429, e-pos gaynor@vinpro.co.za
Robertson & Klein Karoo: Marie-Louise Janse van Rensburg, tel 023 626 3017, e-pos jansevr@vinpro.co.za
Olifantsrivier: Gert Engelbrecht, tel 072 152 4028, e-pos gerte@vinpro.co.za
Worcester & Breedekloof: Soria Muir, tel 023 347 1566, e-pos muirs@vinpro.co.za

 

Go Back