News

The group cellar workers who form part of the Circle of Excellence, along with project manager Santi Basson and study group presenter Nomonde Kubheka (center front), Brigitte Cyster of Winetech (right front), Christo Conradie of VinPro (center back) and Elzette du Preez of Shiraz SA (center back).

The group cellar workers who form part of the Circle of Excellence, along with project manager Santi Basson and study group presenter Nomonde Kubheka (center front), Brigitte Cyster of Winetech (right front), Christo Conradie of VinPro (center back) and Elzette du Preez of Shiraz SA (center back).

Kelderwerkers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf is meer leergierig as ooit en bemag hulself deurlopend met kennis oor die nuutste tegnologie en beste praktyke.

Suid-Afrika se top kelderwerkers het onlangs bymekaargekom vir – leersame Circle of Excellence-inligtingsessie by De Grendel. Dié groep bestaan uit die vorige wenners en finaliste van die SA Kelderwerker-program wat sedert 2009 in die bedryf aangebied word.

Die program beoog om kelderwerkers te bemagtig deur die oordrag van kennis en tegnologie tydens – jaarlikse reeks studiegroepe in die onderskeie wyndruifverbouingsareas, gevolg deur – evaluasie en aanwysing van die top kelderwerker.

Tydens die inligtingsessie het twee senior kelderwerkers van De Grendel en ook lede van die Circle of Excellence, Norman Ketelo en Joseph Phiri, – keldertoer gelei waartydens twee wyne geproe is. Hulle het vertel van vanjaar se oes, die wynmaakproses, sowel as uitdagings. Elzette Du Preez van Shiraz SA het hierby aangesluit deur – Shiraz-wynproe te lei waartydens sy ook praktiese wenke oor wyne, style en kultivars gedeel het.

Charles Hopkins, keldermeester by De Grendel, het die groep ingelig oor die verskillende kostes binne die kelder en elkeen het – uiteensetting ontvang van gemiddelde kostes per hektaar om met wyndruiwe te boer. “Maak net seker dat jou wyn, wingerde en handelsmerk – storie het om te vertel. Dit sal aandag trek en besoekers lok,” vertel Charles.

Die sprekers het kelderwerkers aangemoedig om nuuskierig te wees deur baie vrae te vra en om nie op te hou om te eksperimenteer met nuwe dinge nie.

Volgens Santi Basson, projekbestuurder van die SA Kelderwerker-program, is elke lid van die Circle of Excellence verantwoordelik om eienaarskap te neem van hul toekoms en om – rolmodel te wees vir hulle mede-kelderwerkers in die bedryf. “Daag jouself uit en wees die beste wat jy kan wees. Gaan terug na die kelder en deel jou kennis met jou kollegas,” vertel sy.

Die kelderwerkerstudiegroepe word van 3 Mei tot 31 Augustus 2016 gehou en die top kelderwerker word op 28 Oktober 2016 tydens – inligtingsdag aangekondig.

Die SA Kelderwerker-program word deur die VinPro Stigting befonds en die studiegroepe word moontlik gemaak deur Winetech. Nedbank is betrokke as borg van die Kelderwerker Inligtingsdag.

KONTAK:

Lee-Anne Davidson by tel 021 276 0460 of e-pos leeanne@vinpro.co.za

Go Back